Die eerste wenner van die R250 prys in die kompetisie vir praktiese wenke wat werk, is Carl Muller van Johannesburg.
Die kompetisie word op Landbouweekblad se webwerf aangebied en heelwat wenke is al daar gepubliseer. Besoek www.landbou.com en klik op die wenke-hofie om dit te lees.
Muller se wenk is om die geslag van 'n dier te bepaal en dit lui as volg: Volgens die genetika word geslag deur die manlike dier se saad bepaal. Saadjies wat die manlike geslag bepaal, leef baie kort (omtrent 12 ure) maar swem baie vinning. Dié wat die vroulike geslag bepaal, leef 36 uur, maar swem baie stadig.
Wanneer die vroulike saadjie reg is en bevrugting vind plaas is dit gewoonlik (80 %) 'n bul want dit is eerste daar. As 'n teler 'n vroulike dier wil hê, moet paring vóór die tyd gebeur. Die manlike sade swem en vrek ná 12 ure, en teen die tyd dat die sade reg is vir bevrugting is, is al die manlike bepalende faktor saadjies dood. As bevrugting dan plaasvind, ontstaan 'n vroulike dier.
2 Julie 2004