Landbou
Prysgeld vir wenke verhoog


Die maandelikse prysgeld vir die beste praktiese plaaswenk op Landbouweekblad se webwerf is verdubbel — dit beloop nou R500.

Landbou.com is steeds op soek na praktiese plaaswenke, soos boererate en ander beproefde maniere van doen, vir publikasie op die webwerf. Die wenke sal met die nodige erkenning gepubliseer word.

Landbou.com soek 'n beskrywing van daardie wenke wat take vergemaklik, en wat 'n mens in drie of vier sinne kan neerpen.

Stuur wenke aan: Jan Bezuidenhout, Landbouweekblad, Posbus 1802, Kaapstad 8000; tel. 021 406 2414; faks 021 406 2940; of e-pos: jbezuide@landbou.com.

29 Julie 2004