Landbou
Wen-wenk


'n Eenvoudige wenk wat 'n mens baie ergernis kan bespaar, is om 'n bout sonder 'n kop, of 'n stud wat in 'n gat vassit, uit te draai sonder om die skroefdraad te beseer.

Dië wenk is deur mnr. Willem Janse van Rensburg van Moorreesburg ingestuur, en hy verdien daarmee R500.

Sy wenk is: Draai twee moere op die bout se skroefdraad vas en sluit al twee op mekaar. Draai daarna die stud met behulp van die onderste moer uit. Indien die oppervlakte klein is, kan jy die moere afslyp totdat albei op die knop pas en dan nog steeds voortgaan om die proses uit te voer.

Instuur van wenke
As jy graag wenke wil indien, stuur 'n e-pos aan: webred@landbou.com, of klik hier.

29 September 2004