
Wanneer 'n laer om 'n as vasbrand, is dit soms baie moeilik om dit te verwyder, maar hier is goeie boereraat.
Met die installering van 'n laer gaan die as deur die binnering (sg. inner ring). As die laer vasbrand is dit die binnering wat op as vassit. Die buitering (sg. outer ring) met sy rol- of ballaers word verwyder sodat net die binnering op die as oorbly. Maak dan 'n sweisnaat in die middel van die buitekant van die binnering. Hou die naat in die middel van die band (kyk skets). Maak seker dat die sweismasjien nie té hoog gestel is nie en deur die binnering brand en sodoende die as beskadig nie. Laat dit afkoel of gooi die sweiswerk nat. Die binnering behoort dan met die hand van die as afgetrek te kan word, of tik dit liggies met 'n stomp beitel en hamer af.
Ingestuur deur: Jonathan van Aswegen (iti07299@mweb.co.za)
15 Februarie 2006