Verdun houtgom met water om enige houtoppervlak te verf. Dit penetreer die hout en maak dit waterdig, solank dit net nie permanent in die water staan nie.
As vog deur die badkamer muur slaan, verwyder die los poeier van die muur met skuurpapier en verf met verdunde houtgom. Die gom trek in en seël die muur binne en buite met basies plastiek. Verf sal aan dié laag kleef.
Spuit met 'n onkruidspuit verdunde houtgom op die plaveisel om die braai-area om vetkolle te voorkom. Slegs 'n dun laag is voldoende om seker te maak dat die gom binne in die baksteen in trek en dit sal nie wit word as dit nat is nie. Dit het 'n vernis-tekstuur en is waterdig. Dit seël die steen ongeveer 5 cm diep en verleng die looptyd daarop.
Seël die gom tussen die stene en geen suurstof kan die miere aan die lewe hou en onkruid sal nie langer daar groei nie.
Vensterrame wat kraak sal goed geseël word en terselftertyd heg waar dit wil wegtrek.
Roer ongeveer 500 ml gom by jou dakverf (waterbasis) om jou dak te seël. Elke molekule sal dan kleef en blasies sal nie onder die onder die verf sal nie gebeur nie. Dit sny suurstof af en keer dat die sink roes.
26 Mei 2006