Ek het 'n beproefde raat vir vuilbek by kleinvee, wat uitstekend werk.
Meng een derde jodium tinktuur (of enige jodium-wondsproei) met twee derdes "liquid"-parrafien (ek dink dit is aptekersparrafien in Afrikaans). Verf dit met 'n kwassie aan die aangetaste dele, twee keer per dag en binne dae is die dier gesond.
Onthou tog dat orf (vuilbek) 'n zoonose is en mens kry 'n baie pynlike letsel op jou hande daarvan.
31 Maart 2007