Landbou
Veteraantrekkers brul weer


Sandstone Landgoed in die Oos-Vrystaat bied later vanjaar weer 'n saamtrek vir veteraantrekkers aan. Die datums is 9 tot 13 April.

Die byeenkoms heet die Kosmos-fees en talle belangstellendes word verwag, plaaslik en van oorsee. Oorsese entoesiaste het 'n spesiale belangstelling in Suid-Afrikaanse veteraantrekkers.

Verskeie uitstallings word beoog, onder meer vir landboumasjinerie, militêre voertuie en staande enjins. Kampeergeriewe is gratis beskikbaar en vrywilligers wat bereid is om van Sandstone se groot versameling van veteraanmasjiene te bestuur, kan gratis toegang tot die fees kry.

  • Suid-Afrika se veteraantrekker-eienaars het in April 2002 'n wêreldrekord opgestel toe hulle met 730 trekkers gelyktydig op een land geploeg het. Dié reuse-byeenkoms is by Sandstone aangebied.

    Navrae: Hester Papenfus, 051 933 2235 of e-pos: hesterp@sandstone.co.za

    1 Maart 2008