Landbou

Promosie-artikel:

Nuttige voertuig vir die plaas
Deur LOUIS VISSER

Groot opwondenheid heers in die boerdery- en konstruksiebedryf oor die veeldoelige voertuig wat nou ingevoer word, wat hoëkoste-voertuie kan vervang, waarmee die boer sy daaglikse take mee kan verrig.

Die "THUMPA" - soos dit bekend gestel word in Suid Afrika is 'n driewiel-voertuig wat hoofsaaklik aangewend word op die plaas om die plek te neem van bakkies en ander soortgelyke, duur werksvoertuie.

Daar is ongeveer 22 miljoen van hierdie voertuie wat wêreldwyd aangewend word en tans word meer en meer voertuie in die Midde-Ooste, Afrika en Suid-Amerika versprei.

Die invoerders, GEMINI AUTO, het onderneem om onderdele in voorraad te hou en aan handelaars te verskaf. As daar nie 'n handelaar in jou gebied is nie, sal 'n oornag-koerier gebruik work om 'n diens te lewer.

Die vernaamste voordele van die THUMPA is:

  • Die voertuig het al die nodige toebehore, soos flikkers, toeter, hoofligte ens., (soos die trekker) om vir padgebruik gelisensieer te word.
  • Die voertuig is 'n hardwerkende, eenvoudige, praktiese voertuig met geen elektroniese tierlantyntjies nie.
  • Enige dieselwerktuigkundige kan herstelwerk aan die voertuig doen.
  • Die voertuig kan 1,5 ton dra en het 'n vragbak van 1,63 kubieke meter.
  • Die voertuig is toegerus met 'n hidrouliese wipbak.
  • Die grootste voordeel van die voertuig is die PRYS. Die boer kan twee THUMPAS koop vir die prys van een bakkie.

    Navrae: Louis Visser: louis@geminiauto.co.za

    Adres en kontakbesonderhede:
    Suite 4, Arden Manor
    Hoek van: Dudley Smith en Watermeyer
    Parkrand
    Boksburg

    Tel: +27 11 913 3091
    Faks: +27 11 913 3093
    E-pos: jonathan@gemini-steel.co.za
    Webwerf: www.geminiauto.co.za

    4 Maart 2008