Landbou
meganisasie
Plant presies vir beter oes
'n Goeie oes begin by die planter en die plantproses en daarna dra ander faktore by wat die opbrengs uiteindelik bepaal.
Promosie-artikel:
Verleng lewensduur van enjin
Dansky nanotegnologie kan hierdie produk die oppervlakspanning van brandstof verbreek vir beter verdamping en verbranding, asook om kilowatt te verbeter.
Trekkers waai soos soetkoek
Trekker- en stroperverkope het in April die hoogte in geskiet, hoofsaaklik weens goeie oesvooruitsigte en die bedreiging van 'n stygende rentekoers.
Bekostigbare selfvoerder maak lewe maklik
Die konvensionele motorband-voerbak het té veel tekortkominge gehad volgens 'n skaapboer wat eerder iets sal maak as om dit te koop.
Meganisasiegids 2008 hier
Die 19de uitgawe van die Meganisasiegids 2008 deur die bekende landbou-ingenieur, mnr. Koos le Roux, het pas die lig gesien.
Gloeilampies: Motte se moses
Motplae lei tot ruspes wat die Karoobossies, die vee se voedselbron, opvreet. Hierdie boer het met 'n blink plan vorendag gekom om lig te gebruik om dié plaag te bestry.
Waterturbine vir plaaskrag
Hierdie deeltydse boere het hul eie waterturbine gebou om elektrisiteit vir die plaas op te wek, danksy standhoudende spruite wat aandrywing én goeie water verskaf.
Nuwe modelle om reeks te vul
Twee nuwe trekkerreekse van altesame vyf modelle het pas op die mark gekom om te voorsien in die groeiende vraag na kleiner trekkers vir ligter take.
Stroperverkope styg skerp
Bykans vier keer meer stropers is in Maart vanjaar verkoop teenoor dieselfde tyd verlede jaar. In dieselfde tyd het trekkerverkope met 52,7% en balerverkope met 57,7% gestyg.

Windpomp pomp krag in Karoo
Deur magnete oor koperdraadwindings te laat beweeg en só 'n elektriese stroom op te wek, het 'n Karooboer 'n slim plan beraam om 'n ou windpomp as windlaaier in te span.
Krip van rubber is regte kanniedood
Lesse uit sy eie boerdery en die raad van ander veeboere het hierdie Vrystater gehelp om water- en voerkrippe te ontwerp wat so flatervry is as wat kan kom.
Trekkerpryse en wisselkoers ploeg saam
Dit is onafwendbaar dat trekkerpryse in dieselfde verhouding gaan styg as wat die wisselkoers van die rand teen ander geldeenhede waarde verloor.
Trekkerverkope skiet omhoog
Buitengewone trekkerverkope is in Februarie in Suid-Afrika aangeteken en bykans 90% meer eenhede is verkoop as in dieselfde tydperk verlede jaar.

Promosie-artikel:

Nuttige voertuig vir die plaas
Groot opwondenheid heers in die boerdery- en konstruksiebedryf oor die veeldoelige voertuig waarmee die boer sy daaglikse take mee kan verrig.
Veteraantrekkers brul weer
Sandstone Landgoed in die Oos-Vrystaat bied later vanjaar 'n saamtrek vir veteraantrekkers aan. Die datums is 9 tot 13 April.
Promosie-artikel:
Kostevrye waterpomp!
Waar 'n rivier, stroom, spruit of kanaal deur 'n plaas loop, kan water 12 km ver en tot 300m hoog gepomp word - sonder elektrisiteit of brandstof.
Meer trekkers verkoop
Trekkerverkope vir Januarie in die plaaslike mark, sonder uitvoerverkope, was sowat 10% meer as dieselfde tyd verlede jaar.
Pomp water met water
Hier is 'n waterpomp wat goedkoop werk, want dit pomp water met water.
Foto's van veteraan-trekkers
Die herbou van, en skou met veteraan-trekkers, is 'n belangrike saak vir talle mense. Hier is 'n fotogalery met foto's van dié trekkers.
Promosie-artikel:
Laai 50% meer teen 33% van bakkieprys
Die "THUMPA" - soos dit nou bekend is in Suid-Afrika - is 'n driewiel-voertuig wat trokke en bakkies kan vervang.

Stem
Meen jy die Regering gaan die pryse van basiese voedselsoorte vaspen?
Nee
Ja
Weet nie
Stel 'n standpunt, vra vrae of gesels sommer net.
Goeie geselskap oor aktuele en minder aktuele landbousake, alles per e-pos.
Teken in vir die weeklikse oorsig.
Pryse wat vir grond in Suid-Afrika betaal is.
Klik om Landbouweekblad elke week te ontvang.
Hierdie week in LBW
- Kenners praat oor wintergraan
- Grond-oordrag kan werk
- Plan stuit ekologiese ramp
- Boer presies: Maak geld
- Driehoekkruising werk
- Manuel bieg oor landbou-foute
- Kos: Braaiboud