'n Goeie oes begin by die planter en die plantproses en daarna dra ander faktore by wat die opbrengs uiteindelik bepaal.
Dansky nanotegnologie kan hierdie produk die oppervlakspanning van brandstof verbreek vir beter verdamping en verbranding, asook om kilowatt te verbeter.
Trekker- en stroperverkope het in April die hoogte in geskiet, hoofsaaklik weens goeie oesvooruitsigte en die bedreiging van 'n stygende rentekoers.
Die konvensionele motorband-voerbak het té veel
tekortkominge gehad volgens 'n skaapboer wat eerder
iets sal maak as om dit te koop.
Die 19de uitgawe van die Meganisasiegids 2008 deur die bekende landbou-ingenieur, mnr. Koos le Roux, het pas die lig gesien.
Motplae lei tot ruspes wat die Karoobossies, die
vee se voedselbron, opvreet. Hierdie boer het
met 'n blink plan vorendag gekom om lig te gebruik
om dié plaag te bestry.
Hierdie deeltydse boere het hul eie waterturbine gebou om elektrisiteit vir die plaas op te wek, danksy standhoudende spruite wat aandrywing én goeie water verskaf.
Twee nuwe trekkerreekse van altesame vyf modelle het pas op die
mark gekom om te voorsien in die groeiende vraag na kleiner trekkers vir
ligter take.
Bykans vier keer meer stropers is in Maart vanjaar verkoop teenoor dieselfde tyd verlede jaar. In dieselfde tyd het trekkerverkope met 52,7% en balerverkope met 57,7% gestyg.
Deur magnete oor
koperdraadwindings te
laat beweeg en só 'n
elektriese stroom op te
wek, het 'n Karooboer
'n slim plan beraam
om 'n ou windpomp as
windlaaier in te span.
Lesse uit sy eie boerdery en die raad van
ander veeboere het hierdie Vrystater gehelp om
water- en voerkrippe te ontwerp wat so flatervry
is as wat kan kom.
Dit is onafwendbaar dat trekkerpryse in dieselfde verhouding gaan styg as wat die wisselkoers van die rand teen ander geldeenhede waarde verloor.
Buitengewone trekkerverkope is in Februarie in Suid-Afrika aangeteken en bykans 90% meer eenhede is verkoop as in dieselfde tydperk verlede jaar.
Groot opwondenheid heers in die boerdery- en konstruksiebedryf oor die veeldoelige voertuig waarmee die boer sy daaglikse take mee kan verrig.
Sandstone Landgoed in die Oos-Vrystaat bied later vanjaar 'n saamtrek vir veteraantrekkers aan. Die datums is 9 tot 13 April.
Waar 'n rivier, stroom, spruit of kanaal deur 'n plaas loop, kan water 12 km ver en tot 300m hoog gepomp word - sonder elektrisiteit of brandstof.
Trekkerverkope vir Januarie in die plaaslike mark, sonder uitvoerverkope, was sowat 10% meer as dieselfde tyd verlede jaar.
Hier is 'n waterpomp wat goedkoop werk, want dit pomp water
met water.
Die herbou van, en skou met veteraan-trekkers, is 'n belangrike saak vir talle mense. Hier is 'n fotogalery met foto's van dié trekkers.
Die "THUMPA" - soos dit nou bekend is in Suid-Afrika - is 'n driewiel-voertuig wat trokke en bakkies kan vervang.
|
Hierdie week in LBW
- Kenners praat oor wintergraan - Grond-oordrag kan werk - Plan stuit ekologiese ramp - Boer presies: Maak geld - Driehoekkruising werk - Manuel bieg oor landbou-foute - Kos: Braaiboud |