Deur AMELIA GENIS
3 Desember 2009

2101 keer gelees | 0 kommentaar

Die vraag na organiese produkte oorskry die aanbod daarvan, sê verteenwoordigers van supermarkte, en dít beteken daar is geleenthede vir uitbreiding.


Organiese boerdery hou voordele in vir die omgewing, armoedeverligting asook  voedselveiligheid en -sekerheid. Hoewel die bedryf regoor die wêreld toenemend veld wen, groei die plaaslike bedryf stadiger as sy buitelandse en selfs Afrika-eweknieë.

Die Departement van Handel en Nywerheid het onlangs navorsers opdrag gegee om die toedrag van sake te ondersoek en ’n strategie op te stel waarvolgens die Suid-Afrikaanse organiese bedryf uitgebou kan word.

Daar is sowat 300 boere wat organies gesertifiseer is en in dié stadium word die waarde van organiese produksie in Suid-Afrika op sowat R800 miljoen per jaar geskat. Volgens woordvoerders van plaaslike supermarkte oorskry die vraag na organiese produkte  steeds die aanbod daarvan, wat beteken dat daar ruimte vir uitbreiding is.

Die stigting van ’n verteenwoordigende bedryfsorganisasie en ’n duidelike, inklusiewe beleids- en regulatoriese omgewing is die belangrikste aanbevelings in die strategie wat die instituut vir natuurlike hulpbronne in KwaZulu-Natal vir die organiese bedryf opgestel het.

Die verslag, wat in vennootskap met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye  opgestel is, lui dat die bedryf net kan groei as ontluikende organiese produsente ondersteun word, duidelike markdoelwitte bestaan en die voordele van organiese landbou vir die omgewing en samelewing uitgebou word.

Daar word in die verslag sterk klem gelê op die rol van die sentrale Regering om organiese standaarde te finaliseer en te verseker dat hy ’n duidelike beleid vir organiese boerdery ontwikkel. Daarbenewens lui die verslag dat ’n verteenwoordigende bedryfsorganisasie die ontwikkeling van organiese landbou in Suid-Afrika sal aanspoor deur ’n  bewusmakingsveldtog vir die publiek, deur die opleiding van organiese produsente en deur mark- en boerderynavorsing te bevorder.

Die strategie maak ook voorsiening vir die stigting van ’n nasionale organiese kommissie, wat uit regeringsdepartemente en staatsinstansies, soos die Landbounavorsingsraad, bestaan. Die doel van so ’n kommissie sal wees om samewerking tussen staatsdepartemente te verbeter, beleid te koördineer en namens die Regering met die organiese bedryf te skakel.

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 4 Desember 2009.

3 Desember 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights