10 November 2011

1536 keer gelees | 0 kommentaar

Mnr. Julius Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga, is vir vyf jaar uit die ANC geskors.


Mnr. Julius Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga, is vir vyf jaar uit die ANC geskors.

Malema is onder meer skuldig bevind daaraan dat hy verdeelheid binne die ANC gesaai het sowel as dat hy die ANC in oneer bring. Dié klagte het te doen met Malema se uitsprake oor die Afrika-unie, die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Botswana-regering.

Mnr. Floyd Shivambu, voormalige woordvoerder van die ANC-jeugliga, is vir drie jaar uit die ANC geskors nadat hy ’n joernalis van Media 24 gevloek het.

Mnre. Ronald Lamola, adjunkleier van die jeugliga, Sindiso Magaqa, sekretaris-generaal, Kenetswe Mosenogi, adjunk-sekretaris-generaal, en Pule Mabe, tesourier-generaal, is saam met Malema en Shivambo skuldig bevind daaraan dat hulle ’n vergadering van die ANC ontwrig het. Hulle is vir twee jaar geskors, maar dit is vir drie jaar opgeskort.

Die groep se straf is Donderdagoggend (10 November 2011) by Luthuli-huis bekend gemaak. Die groep het 14 dae om appèl teen die straf aan te teken.

Bron: Nuus24

10 November 2011
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights