Deur ANDRIES GOUWS
18 April 2012

760 keer gelees | 0 kommentaar

Die mentor van een van die wêreld se grootste beesboere is een van die sprekers op die Aldam-skool vir vleisbeesboere, wat van 17 tot 19 Oktober plaasvind.


‘n Wêreldleier oor vleisbeesgenomika wat regstreeks betrokke was by die identifisering van genetiese merkers vir voortreflike ekonomies belangrike eienskappe by vleisbeeste en die praktiese ingebruikstelling daarvan in die bedryf, praat op vanjaar se Aldam-skool vir vleisbeesboere.

Hy is dr. Stephen P. Miller van die Universiteit van Guelph in Kanada en die mentor van mnr. Lee Leachman, een van die wêreld se grootste stoetboere van Amerika. Laasgenoemde het kursusgangers verlede jaar tydens dié skool laat regop sit met sy benadering oor die praktiese toepassing van die modernste tegnologie in sy boerdery.

Dié skool vir vleisbeesboere word vanjaar weer op Aldam naby Ventersburg in die Vrystaat aangebied en duur van 17 tot 19 Oktober.

Miller is een van 20 internasionale en plaaslike vleisbeeskenners wat sal optree. Hy is die hoof van die sentrum vir die genetiese verbetering van vee aan die Universiteit van Guelph. Hy is ook betrokke by verskeie projekte aan dié universiteit waar daar met die samewerking van die voorste navorsingsinstellings in Amerika en Australië gewerk word om genomiese vordering te evalueer en die toepassing daarvan in die praktyk te bewerkstellig.

Praktiese sessies vir veeboere
Naas die insiggewende lesings wat oor twee volle dae aangebied word, is daar ook praktiese sessies wat vir enige veeboer van groot waarde en toepaslik in sy eie onderneming kan wees.

Onderwerpe wat onder die loep kom, is onder meer teling, voeding, dieregesondheid, weidings- en finansiële bestuur en baie meer. Die reeds bekende dr. Roger Hunsley sal ook weer slagosse en daarna die karkasse evalueer.

Dit kos R5 500 om die skool by te woon. Dit sluit verblyf en etes sowel as die toegang tot die prysuitdelingsgeselligheid van Landbouweekblad en Breedplan se verskeie kompetisie in. Boere wat voor 31 Julie registreer, kry R500 afslag.

Navrae en registrasie kan op die webwerf www.stockmanschool.co.za  gedoen word of by Charmaine Alberts, tel. 051 821 1783, sel 082 922 3747 of e-pos palberts@telkomsa.co.za.

19 April 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights