Deur ALANI JANEKE
13 Januarie 2012

1163 keer gelees | 0 kommentaar

’n Nuwe verbod is op Suid-Afrikaanse vleisuitvoer na Namibië ingestel.


’n Nuwe verbod is op Suid-Afrikaanse vleisuitvoer na Namibië ingestel.

Die aanvanklike verbod is ingestel nadat ’n uitbreking van bek-en-klouseer in Februarie verlede jaar in KwaZulu-Natal bevestig is.

Luidens ’n berig in die Republikein het die Namibiese ministerie van landbou, bosbou en water op Woensdag (11 Januarie 2012) opnuut ’n verbod op alle vleis en vleisprodukte afkomstig van Suid-Afrika aangekondig.

Luidens die berig volg dié verbod nadat bek-en-klouseer uitgebreek in ’n gebied wat aan die Nasionale Krugerwildtuin grens. Dié uitbreking is glo op 30 Desember 2011 opgemerk, maar toetsuitslae het dit eers op 9 Januarie 2012 bevestig. Ses van sowat 682 beeste het na bewering die siekte onder lede.

Verwerkte vleis
Luidens ’n verklaring het mnr. Andrew Ndishshi, sekretaris van die ministerie, gesê soos met die uitbreking in 2011 sal verwerkte vleis afkomstig van goedgekeurde varkprodusente, wie se diere as gesertifiseer is as vry van bek-en-klouseer, ingevoer mag word.

Mnr. Simon Streicher, hoof uitvoerende bestuurder van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, sê hulle is bewus van die uitbreking en die verbod, maar is dankbaar dat dit nie varkprodusente raak nie.

“Ons produsente moet aan baie streng protokol voldoen om hul vleis na Namibië te kan uitvoer. Karkasse kan uitgevoer word, maar nie lewende diere nie. Die uitbreking is aan die begin van die jaar bevestig, maar sover ek verstaan, is dit in die beheersone rondom die wildtuin,” verduidelik Streicher.

Landbou.com wag op kommentaar van die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Bosbou en Visserye oor die situasie.

Bron: Republikein

13 Januarie 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights