Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Aartappelprentjie-donker

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 03:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Aartappelprentjie donker

 
CHARL VAN ROOYEN

Aartappelpryse daal en kan binnekort selfs minder as boere se produksiekoste wees. Boonop lyk die vooruitsig vir hoër pryse nie rooskleurig nie weens die gevaar van oorproduksie.

Dr. Niël Theron, hoof uitvoerende beampte van Aartappels Suid-Afrika (ASA), vermaan produsente en voornemende produsente ernstig om vroegtydig ASA se streekkantore te nader om op die hoogte van die jongste neigings te kom voor hulle groter of eerste aanplantings oorweeg.

Aartappelpryse het sedert April vanjaar drasties gedaal weens groter volumes vanuit die Oos-Vrystaat en Mpumalanga. Dié streke se oeste is nie so erg deur die droogte geknou nie. Boonop het laat reën hierdie oeste se bemarkingstyd verleng en dit net meer met die Wes- en Suidwes-Vrystaat se groter oeste en Limpopo se vroeë oes laat oorvleuel.

Die gemiddelde weeklikse verkope het van 1,4 miljoen sakkies van Januarie tot April tot 1,9 miljoen sakkies van Mei tot Augustus gestyg en pryse het van R20 tot R11 per sakkie gedaal.

In September en Oktober het pryse effens gestyg weens 'n kleiner aanbod, maar daal nou weer en kan tot einde vanjaar onder druk bly.

Theron sê die oppervlakte wat vir bemarking van Desember vanjaar tot Januarie volgende jaar beplant word, verskil nie veel van vanjaar se aanplantings nie. Goeie reën en gevolglike hoër opbrengste kan die markpryse selfs tot onder produksiekoste laat daal.

In die verlede het swakker graanpryse, veral dié van mielies en koring, sommige boere na aartappelverbouing laat oorskakel. Die feit dat graanpryse wéér onder groot druk is, kan boere weer noop om alternatiewe gewasse te plant, waarvan aartappels een is. As dit gebeur, sal dit beslis bykomende druk op die aartappelprys plaas.

3 Desember 2004

0
 
 
  • 1835 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Land Bank wil krediet regruk
  • Mikroskyfies vir leeus?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction