|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Die internasionale finansiering wat Gro Capital Financial Services, 'n filiaal van Afgri, onlangs bekom het, bewys dat die Suid-Afrikaanse landbou integriteit het, sê mnr. Chris Venter, uitvoerende hoof van Afgri.
Die wêreldwye finansiële krisis maak dit uiters moeilik om lenings te bekom. "In dié tye, om dit reg te kry, sê baie vir Afgri en meer spesifiek vir Suid-Afrika se boere," sê mnr. Theo Vorster van batebestuursmaatskappy Galileo Capital.
Gro Capital het 'n ooreenkoms beklink waar buitelandse beleggers R2,5 miljard wat deur Suid-Afrikaanse boere geskuld word sal koop. Dít sal kapitaal beskikbaar stel om nuwe lenings aan plaaslike boere toe te staan.
Erasmus Capital Corporation, 'n internasionale firma, sal R1,25 miljard van die transaksie beskikbaar stel terwyl die res van internasionale en plaaslike kapitaalmarkte sal kom. Erasmus Capital se belegging sal deur Rabobank International onderskryf word. Dié internasionale bank het ook die sekuriteitsooreenkoms gereël.
Bron:
Rapport (Rapport)
24 Februarie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24