News24

Malema kan vra vir versagting

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 23:00
Julius Malema se status in die ANC sal waarskynlik vroeg aanstaande week duidelik word. Dit volg na sy appèl teen sy skorsing uit die party misluk het.
Categories: News24

Italië: Pa gooi baba van brug

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 23:00
Polisieduikers in die Italiaanse stad Rome soek na 'n 16 maande oue babaseuntjie wat volgens ooggetuies deur sy pa in 'n rivier gegooi is.
Categories: News24

Twintig in hegtenis ná onluste in Welkom

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 22:59
Meer as 'n honderd winkels, wat hoofsaaklik aan buitelanders behoort, is in Thabong in Welkom in die Noord-Vrystaat geplunder.
Categories: News24

Kenia: 25 sterf ná trok oorlaaide minibus tref

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 22:58
Vyf-en-twintig mense is in die weste van Kenia dood toe 'n vragmotor teen 'n minibus-taxi gebots het, het 'n beampte van die Rooikruis gesê.
Categories: News24

Noordwes-man vas vir moord

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 22:58
'n 19-jarige verdagte is in hegtenis geneem nadat hy en sy vriend 'n 43-jarige man tydens 'n rusie in Zeerust doodgeslaan het.
Categories: News24

Cheetahs klop Stormers in opwarmstryd

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 22:57
Die Cheetahs se wen oor die Stormers in die opwarmwedstryd op Nuweland was grootliks te danke aan hul losskakel, Johan Goosen, se skopvoet.
Categories: News24

Seuns verdrink by Boskopdam

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 22:57
Twee kinders het by die Boskopdam in Noordwes verdrink toe hulle na bewering by 'n nat wal afgegly en in 'n poel beland het.
Categories: News24

Twee sterf in ongeluk buite Nelspruit

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 21:54
Twee mense is dood en 11 is beseer in 'n botsing tussen 'n taxi en 'n motor op die R40 tussen Nelspruit en Barberton.
Categories: News24

Malema-skorsing effektief in werking

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 19:58
Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, se appèl teen sy skorsing uit die regerende party het misluk.
Categories: News24

Trein dood bruidegom op troudag

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 19:20
'n Bruidegom, sy ma en sy neef is onderweg na 'n troupartytjie dood nadat hulle deur 'n trein in noordelike Viëtnam getref is.
Categories: News24

Tunisië verban Siriese ambassadeur

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 18:04
Tunisië gaan sy Siriese ambassadeur uit die land skop, nadat meer as 200 burgerlikes in die jongste geweld in die stad Homs gesterf het.
Categories: News24

Trein tref man op platform

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 17:01
'n Sekuriteitswag is dood nadat hy by die Tooronga-treinstasie deur 'n trein getref is, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Categories: News24

Winnie weet niks van jeugliga se besoek

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 16:00
Winnie Madikizela-Mandela het gesê die ANC-jeugliga sal haar nie ná afloop van die appèlverrigtinge by haar huis besoek nie.
Categories: News24

Polisieman skiet meisie, self

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 14:44
'n Polisiebeampte het sy meisie in De Deur, 35 km suid van Johannesburg geskiet voor hy hom om die lewe gebring het.
Categories: News24

Nieu-Seeland klop Fidji in Wellington

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 13:30
Nieu-Seeland het Fidji 24-7 in die eindstryd van die vierde been van die IRR Sewes-wêreldreeks in die Westpac-stadion geklop.
Categories: News24

Man sterf, een kritiek ná mikrovliegtuig val

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 13:30
'n Man is dood en 'n ander man het kritieke beserings opgedoen nadat 'n mikrovliegtuig Saterdag in Krugersdorp neergestort het.
Categories: News24

Iran maan oor gevolge van olieverbod

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 13:30
Iran het gewaarsku oor markonstuimighede indien sanksies op sy olieuitvoere ingestel word en Turkye se versoek om afslag afgekeur.
Categories: News24

Bruce Willis 'siek van bekommernis' oor Demi

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 11:45
Die akteur Bruce Willis is rasend van bekommernis oor sy eksvrou, die 49-jarige aktrise, Demi Moore, het 'n bron onthul.
Categories: News24

13 beseer ná taxi op pad na kerkdiens rol

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 11:45
Dertien mense, waarvan twee kritiek, is beseer in 'n taxi-ongeluk naby Potchefstroom in die Noordwes, het paramedici gesê.
Categories: News24

Malema-appèl: Uitspraak vertraag

News24.com Jongste Nuus Voer - 4 Februarie, 2012 - 11:45
Die uitkoms van Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, se appèl teen sy vyf jaar lange skorsing as partylid, is vertraag.
Categories: News24