Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Agri-sa-vra-vir-balans-tussen-regte

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Agri SA vra vir balans tussen regte

 

Toenemende druk op die Regering om grondhervorming te versnel sal sonder twyfel lei tot groter staatsinmenging in die grondmark. Daar moet egter 'n regverdige balans wees tussen die regte en verpligtinge van grondeienaars sowel as van die eisers, sê Agri SA in sy beleidsdokument oor grond en landelike hervorming.

Agri SA meen grondpryse en "onwillig verkopers" is nie die hoofrede vir stadige vordering met grondhervorming nie.

"Burokratiese rompslomp, gebrek aan kundige personeel, die ingewikkeldheid van die proses, probleme met waardasies en gebrekkige begrotings is eerder te blameer."

Om die skuld voortdurend op boere te plaas, raak soos die drup van petrol op 'n warm plaat, sê dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri Limpopo.

Huidige grondeienaars se aansprake en regte kry nêrens in die grondhervormingsproses aandag nie, sê hy.

Hy meen staatsamptenare moet grootliks die skuld kry vir gebrekkige kommunikasie, 'n ondeursigtige proses en eensydige beleidsveranderinge.

Agri SA sê in sy beleidsdokument oor grond eienaars van grond wat geëis word, moet persoonlik in kennis gestel word daarvan en grondeienaars moet altyd die reg hê op 'n tweede waardasie.

In gevalle van ongeldige eise moet die Grondeisehof 'n kostebevel ten gunste van die grondeienaar maak om sy relevante koste te dek.

Tydsbeperkinge moet geld tussen waardasies en koopaanbiedinge, asook die afhandeling van die proses om onsekerhede te beperk en billike vergoeding te verseker.

Volgens die dokument bemoeilik verblyfregwette die tradisionale praktyk van boere om behuising aan werknemers en hul families op plase te verskaf.

Die reg van verblyf onder sekere voorwaardes word erken, maar die prosedures vir uitsetting is omslagtig en duur en lei tot onnodige konflik, word in die dokument gesê.

Agri SA se beleidstandpunt daaroor is dat permanente behuising die staat se verantwoordelikheid is.

'n Reeks van huisvestingopsies behoort beskikbaar te wees weg van die plaas af en plaaslike owerhede moet sulke programme by hul geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning (IDP) insluit met die inagneming van ekonomiese geleenthede sodat landelike bewoners nie hoofsaaklik van die primêre landbou of maatskaplike toelaes afhanklik is nie.

Waar werkers op die plaas gehuisves word, behoort die staat aanvaarbare standaarde te verseker deur te help met aansporings.

Agri SA sê hy is gekant teen 'n moratorium op uitsettings omdat dit sal neerkom op onteiening sonder vergoeding. 'n Goedkoper en vinniger uitsettingsproses moet ook ondersoek word.

Eiendomsreg vir plaasbewoners in byvoorbeeld 'n landboudorp sou 'n goeie opsie wees vir alternatiewe huisvesting en plaaslike owerhede moet vroegtydig daarvoor beplan deur grond beskikbaar te maak vir mense wat wettig uitgesit word.

Wat die beleidstandpunte oor huurarbeiders betref, stel Agri SA voor dat dié stelsel uitgefaseer word.

Landbouweekblad, 20 Oktober 2006

0
 
 
  • 1994 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Uitsetting gee hoofbrekens
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction