|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Agri SA het die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) genooi om opbouende gesprekvoeringe oor grondkwessies.
Dit kom glo ná die SAKP herhaaldelik versoek het dat mnr. Lourie Bosman, voorsitter van Agri SA,'n memorandum en versoekskrif ontvang.
"Agri SA is daartoe verbind om opbouend saam met die Regering oor beleid en die implementering van kwessies oor grondhervorming te werk. Ons wil ook erkenning gee aan die bekommernisse en verwagtinge van verskeie partye wat betrokke is.
"Ons beskou dit as die verantwoordelikheid van die Regering en die samelewing om te help met die ontwikkeling en implementering van werkbare oplossings. Daar moet gewaak word teen aksies wat maklik dié gevoelige saak in die wiele kan ry," het Agri SA in brief aan die SAKP gesê.
Die SAKP wil met sy 'Rooi Oktober'-veldtog versnelde grondhervorming teweeg bring. Dit kan glo gedoen word deur toegang tot produktiewe grond vir grondloses, regte en basiese dienste vir plaaswerkers en hul afhanklikes en 'n nasionale grondberaad in die volgende jaar wat voorafgegaan moet word met provinsiale berade. Die organisasie het verlede maand vir opskudding gesorg toe hy gesê het wit kommersiële boere is 'n struikelblok vir die grondhervormingsproses.
Agri SA sê hy sal, soos in die verlede, gunstig reageer op 'n versoek om 'n gesprek van die SAKP.
12 November 2004
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24