Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Al-hoe-minder-werk-landbou

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Al hoe minder werk in landbou

 
AINSLEY MOOS

Terwyl die ander bedrywe in die ekonomie werk skep — goeie nuus omdat nuwe werksoekers in diens geneem word — staan die landbou uit as dié bedryf wat op 'n groot skaal werkgeleenthede verloor.

Die jongste opname van Statistieke Suid-Afrika oor die arbeidsmark, wat verlede week in Pretoria bekend gemaak is, toon altesame 658 000 werkgeleenthede is van September 2004 tot September verlede jaar in die ekonomie geskep. Hierteenoor het die landbou in dieselfde tyd 138 000 werkgeleenthede verloor.

Inligting oor werkgeleenthede in die landbou is in een kategorie met werkgeleenthede in die jag- en bosboubedryf sowel as die visserybedryf gegroepeer. Die werklike situasie vir die landbou alleen mag hierdeur nie duidelik uitgelig word nie.

Luidens inligting uit die opname daal die werkgeleenthede in die landbou sedert 2002, terwyl die meeste sektore in die ekonomie almal werk geskep het. In September 2002 was indiensnemingsvlakke in die landbou 1,420 miljoen mense. In 2003 en 2004 het dit tot 1,212 miljoen mense en 1,083 miljoen mense onderskeidelik gedaal. Sedert September 2001, toe 1,178 miljoen mense in diens geneem is, is dit 'n totale verlies van 253 000 werkgeleenthede. Die jongste syfer is dat 925 000 mense in die landbou werk.

Volgens mnr. Tinus Taute, bestuurder vir ekonomiese sake by die TLU SA, is 'n moontlike rede vir die daling in werkgeleenthede "staatsinmenging" wat boere dwing om ekonomiese besluite te neem. Hy sê al hoe meer heffings, wetlike verpligtinge, soos die sektorale vasstelling van die minimum loon en nou ook AgriSEB, oefen druk uit op die boer se ekonomiese oorlewing. "Arbeid is die grootste inset vir die boer en ekonomiese besluite noodsaak dat die boer sy arbeid moet verminder. Boere wil nie graag werkers verloor nie, want dit is mense wat oor jare 'n vertrouensverhouding met die boer opbou."

Taute sê groter produktiwiteit kan ter sprake kom en dat boere kan meganiseer, maar " 'n boer wil nie van sy kundige werknemers ontslae raak nie".

Mnr. Kobus Kleynhans, direkteur van arbeidsake by Agri SA, sê omdat inligting oor die landbou saam met dié van ander bedrywe gevoeg word, is dit moeilik om 'n goeie vergelyking te tref. Hy sê dit wil voorkom of daar 'n teenstrydigheid tussen syfers van SSA en die Departement van Landbou kan wees. "Ons glo daar is wel 'n afname in indiensneming, maar dat dit nie so sterk kan wees nie."

Me. Lullu Krugel, ekonoom by die vakbond Solidariteit, sê die daling in die indiensnemingsyfer vir die landbou "is kommerwekkend" en kan waarskynlik toegeskryf word aan die bedryf se seisoenaliteit sowel as die droogte.

3 Februarie 2006

5
 
 
  • 2650 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Broodprys rys stil-stil uit sy nate
  • Distell koop konjak-besigheid
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction