Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bakkers-kommissie-se-visier

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Bakkers in kommissie se visier

 

Die land se voorste bakkerye word van kartelvorming beskuldig deurdat hulle glo die broodprys gelyktydig in die Wes-Kaap verhoog het.

Volgens 'n verklaring van die Mededingingskommissie sal hy Pioneer Foods, met die handelsname Sasko en Duens Bakeries, en Tiger Food Brands, met die handelsnaam Albany Bakeries, voor die Mededingingstribunaal vervolg.

'n Derde bakkery, Premier Foods, met die handelsnaam Blue Ribbon Bakery, word ook van samespanning aangekla. Dié maatskappy kan egter moontlik vervolging ontglip.

Volgens mnr. Tembinkosi Bonakele, hoof van voldoening by die kommissie, het Premier Foods ten tyde van die ondersoek aansoek gedoen om korporatiewe toegeeflikheid. Dit beteken Premier kan vervolging vryspring as hy die kommissie se ondersoekspan van voldoende inligting voorsien wat tot die suksesvolle vervolging van die ander twee maatskappye lei.

"Premier Foods het bevestig die twee maatskappye (Pioneer en Tiger Food) Kaap het verskeie vergaderings gehad en inligting uitgeruil oor die prys van brood en die afslag aan onafhanklike verspreiders betaalbaar," het Bonakele gesê.

Die kommissie se ondersoek is in Desember van stapel gestuur nadat hy verskeie telefoonoproepe ontvang het met beskuldigings teen die bakkerye. Die bewerings sluit in:

Die gelyktydige styging in die broodprys aan onafhanklike verspreiders in die Wes-Kaap met 30c tot 35c per brood.

Die gelyktydige daling en vasstelling van afslag wat aan onafhanklike verspreiders gegee word tot 'n maksimum van 75c per brood, ongeag hoeveel gekoop word.

Die ooreenkoms tussen die bakkerye om glo nie mekaar se verspreiders van brood te voorsien nie.

Bonakele sê hoewel dié saak op die Wes-Kaap fokus, is 'n nasionale ondersoek reeds aan die gang. Dit volg nadat die kommissie inligting oor moontlike kartelvorming onder bakkerye in ander dele van die land ontvang het.

Die kommissie sê hy is vasbeslote om die bakkerye so gou moontlik voor die tribunaal te vervolg omdat samespanning armer verbruikers benadeel.

Landbouweekblad, 23 Februarie 2007

0
 
 
  • 2080 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Hulp met slange en honde
  • Die Plant van Suikerriet
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction