|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Advertensies op 'n bekende webblad vir gratis plasings waarin gemeld word mense kan Friesperde verniet kry, is skynbaar 'n bedrogspul met sy oorsprong in Kameroen in Noord-Afrika.
Dié onreëlmatighede in die perdemark is onlangs onder Landbouweekblad se aandag gebring. Advertensies van Friesperde word op die webtuiste geplaas wat die belangstellende inlig dat die perde gratis is. In 'n spesifieke advertensie behoort die Fries-hings Lin blykbaar aan 'n me. Gladys Tolkin.
Die perd word gratis weggegee, maar die koper moet R6 000 aan 'n sekere vervoermaatskappy betaal om die perd na die verlangde bestemming te vervoer. Die vervoermaatskappy (wie se naam aan Landbouweekblad bekend is) het 'n webtuiste waarop daar gesê word dat hy 'n lid is van IPATA, 'n internasionale handelsorganisasie vir ondernemings wat diere vervoer. Volgens IPATA is die betrokke maatskappy nie by hom geregistreer nie en is dié "maatskappy" 'n rookskerm.
Twee ander soortgelyke gevalle waar nóg Friesperde gratis weggegee word, is op die webblad aangetref. Gevalle is ook bekend van Engelse bulhonde - ook vanuit Kameroen - wat gratis weggegee word, maar teen 'n koste vervoer word.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 29 Mei 2009.
25 Mei 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24