|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Die verwagte kommersiële mielie-oes is 48,5% meer as die 7,125 miljoen ton van die vorige seisoen, luidens die jongste syfers van die Nasionale Oesskattingskomitee.
Kommersiële mielies:
Die hersiene skatting van die oppervlakte onder mielies beloop 2,744 miljoen ha, wat 7,53% meer is as die 2,552 miljoen ha wat verlede seisoen aangeplant is. Die verwagte kommersiële mielie-oes is 10,581 miljoen ton wat 48,5% meer is as die 7,125 miljoen ton van die vorige seisoen.
Die oppervlakte onder witmielies is 1,712 miljoen ha, wat 'n toename van 5,37% verteenwoordig vergeleke met die 1,625 miljoen ha die vorige seisoen. In die geval van geelmielies is die oppervlakskatting 1,032 miljoen ha of ongeveer 11,33% meer as die 927 000 ha geplant die vorige seisoen.
Die verhouding van witmielie- tot geelmielie-aanplantings is 62:38 teenoor die vorige seisoen se 64:36.
Die meerderheid van Suid-Afrika se mielies word in die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga Provinsies verbou. Mielie-aanplantings in die Vrystaat beloop 1,115 miljoen ha - 'n toename van 9,31% in vergelyking met 1,020 miljoen ha in 2006/07. Die verwagte aanplantings van mielies in Noordwes toon ook 'n toename van 1,30%, van 770 000 ha tot 780 000 ha en in Mpumalanga met 10,21%, van 470 000 ha tot 518 000 ha in vergelyking met die aanplantings in die 2006/07 seisoen.
Die produksieskatting van witmielies is 6,304 miljoen ton, 46,09% meer as die 4,315 miljoen ton van die vorige seisoen. Die opbrengs van witmielies is 3,68 t/ha teenoor die 2,66 t/ha van die vorige seisoen. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 4,277 miljoen ton wat 52,21% meer is as die 2,810 miljoen ton van die vorige seisoen. Die opbrengs van geelmielies is 4,14 t/ha teenoor die 3,03 t/ha van die vorige seisoen.
Sonneblomsaad:
Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 686 920 ton, wat 128,97% meer is as die 300 000 ton van die vorige seisoen. Die hersiene oppervlakskatting vir sonneblomsaad is 534 300 ha, wat omtrent 68,90% meer is as die 316 350 ha aangeplant die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,29 t/ha teenoor die 0,95 t/ha die vorige seisoen.
Ander gewasse:
Die produksieskatting van sojabone is 280 970 ton, wat 37,06% meer is as die 205 000 ton van die vorige seisoen. Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 165 800 ha, wat 'n afname van 9,40% verteenwoordig vergeleke met die 183 000 ha geplant die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,69 t/ha teenoor die 1,12 t/ha die vorige seisoen.
Die verwagte grondbone-oes is 78 560 ton - 35,45% meer as die 58 000 ton van die vorige seisoen. Vir grondbone is die hersiene oppervlakskatting 51 600 ha, wat 26,56% meer is as die 40 770 ha geplant vir die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,52 t/ha teenoor die 1,42 t/ha die vorige seisoen.
Die produksieskatting van sorghum is 235 360 ton - 33,73% hoër as die 176 000 ton van die vorige seisoen. Die oppervlakskatting vir sorghum het gestyg met 20,58% van 69 000 ha tot 83 200 ha teenoor die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 2,83 t/ha teenoor die 2,55 t/ha die vorige seisoen.
In die geval van droëbone is die produksieskatting 57 065 ton, 44,30% meer as die 39 545 ton van die vorige seisoen. In die geval van droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 43 800 ha of 13,65% minder as die 50 725 ha die vorige seisoen geplant. Die verwagte opbrengs is 1,30 t/ha teenoor die 0,78 t/ha die vorige seisoen.
Wintergewasse - finale syfer vir 2007 produksie-seisoen
Die oppervlaktes beplant met wintergrane is onveranderd gelaat.
Koring:
Die finale produksieskatting vir koring is 1,844 miljoen ton, wat 1,78% of 32 250 ton meer is as die 1,812 miljoen ton van die vorige skatting. Die verwagte opbrengs is 2,92 t/ha.
Ander gewasse:
Die produksieskatting vir moutgars is 218 224 ton, wat 2,34% of 5 000 ton meer is as die 213 224 ton van die vorige skatting. Die verwagte opbrengs beloop 2,97 t/ha.
Die verwagte kanola-oes is onveranderd gelaat op 39 840 ton, met die verwagte opbrengs op 1,20 t/ha.
In die geval van soetlupine is die produksieskatting ook onveranderd gelaat op 13 300 ton en die verwagte opbrengs is 0,95 t/ha.
Die tweede produksieskatting vir somergewasse vir 2007/08 word op 27 Maart 2008 vrygestel.
26 Februarie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24