Promosie-artikel:
Die eerste unieke, eenvoudig-verstaanbare rekenaarprogram vir die boer - wat hom duisende rande kan bespaar - is geskryf deur mnr. Zirk Lombard, ʼn boer en bemestingkonsultant.
Ná jare in die bedryf het Zirk die leemte vir só ‘n program raakgesien. Alle kunsmis- en bemestingsbesluite word meestal een keer per jaar geneem. As gevolg daarvan is dit moeilik vir boere om die regte besluite te neem ten opsigte van kostebesparing, opbrengsverhoging, grondvrugbaarheid, ens.
Dié rekenaarprogram verwerk, hanteer en stoor alles vir die boer. Dit stel boere in staat om hul eie aanbevelings te maak, gronde te analiseer, blaaranalises te verwerk, ens. Die kern van die program is gebaseer op riglyne van die I.F.A. (Internasionale Bemestingsvereniging).
Elke ton graan, vrugte of groente onttrek ʼn sekere hoeveelheid voedingselemente uit die grond. Die navorsing is gedoen vir al 12 grondelemente: Die makro-elemente: N, P, K, Ca, Mg, S en mikro-elemente; Fe, Zn, Cu, Mn, B en Mo. Sodoende kan die boer bepaal wat elke gewas onttrek en sy eie regstellings maak.
Die program hanteer die volgende:
1) Elke gewas se ontrekkingsyfer word per ton gegee sodat die boer kan beplan rondom bemesting en wat sy sak gaan pas.
2) Die boer kan al sy eie voedingsprodukte (kunsmis) met die regte pryse daarin stoor.
3) Blaaranalises kan ingevul word, waarna die voorgestelde regstellings aan plante gemaak kan word.
4) Grondontledings word ingevul, en die program gee aanbevelings om die grond te herstel.
5) Alle landerye se betrokke hektare en gewasse word daarop gestoor.
Program-funksies:
1. Bemesting per hektaar:
Hierdie afdeling gee die boer die vermoë om sy eie aanbevelings te maak.
Ná die produksielys klaar ingevul is, stel dié deel van die program ‘n gesamentlike verslag op.
Die boer hoef dan net ‘n gestoorde landnommer op te roep; bv: Land no. 1, waarop mielies geplant gaan word. (Vul die verwagte opbrengs-mikpunt in en die program gee die totale ontrekking wat die plant gaan benodig vir die tonne gemeet.)
Die boer kan nou self bepaal wat ‘n plant gaan onttrek en watter produkte hy/sy moet aankoop.
So bepaal die boer ook die koste per hektaar vir elke spesifieke gewas. Die regterkantse kolom dui die prys per produk per kilogram aan.
Sodra die boer tevrede is met die resultate kan dit gestoor word sodat dit in die toekoms weer gebruik kan word.

2. Landnommerlys:
Dié afdeling van die program is geskryf sodat die boer sy lande kan nommer en so rekord hou van dit wat al gedoen is. Dit stoor die volgende:
1) Lande of landnommers.
2) Landgroottes vir die bepaling van aankope.
3) Die datums waarop vorige bepalings gedoen is.

3. Produktelys
Die afdeling stoor inligting oor die produkte wat aangekoop moet word.
Dit duur aanvanklik sowat ‘n halfuur om die inligting oor die betrokke produkte wat die boer gebruik, in te voer. Dan word dit gestoor en die boer het nie weer nodig om die inligting in te vul nie - want KAN (28) sal oor 10 jaar steeds KAN (28) wees. Die betrokke produk se pryse sal egter elke ses maande opgedateer moet word .

4. Blaaranalises:
Dié afdeling van die program gee aan die boer antwoorde wat verlang word nadat verslae oor blaaranalises van die laboratorium ontvang is.
Die boer vul die syfers wat hy by die laboratorium ontvang het in, waarna die program aandui of daar teveel of te min van ‘n element in ‘n plant is.

Die blaar-normes van sowat 95 % van gewasse wat in Suid-Afrika verbou word, word in die program gestoor. Dit gee ook aan die boer die datums waarop die vorige verwerkings gedoen is.
5. Grondontledings:
Hier vul die boer weereens die laboratoriumverslag se resultate in sodat hy/sy ‘n duidelike ontleding van die grond kan kry. Die program gaan onmiddellik deur sy formules en gee vir die boer die volgende:
a) Die hoeveelheid kalk wat benodig word per ha.
b) Watter tipe kalk wat benodig word, hetsy dol- of kalksities.
c) Die regstelling van die fosfaat (P) .
d) Die verhoudings tussen die katione Ca, Mg, K, Na, en die regstelling daarvan.

In elke afdeling van die program is video-instruksies ingesluit om boere op ʼn maklike manier te lei.
Kontak: Zirk Lombaard
Selfoon: 082 877 8162
E-pos: izlagriprog@gmail.com
12 Februarie 2010
Kommentaar
Hi Ettiene
Die beste sal wees om vir Zirk Lombaard daaroor te kontak by
082 877 8162.
Groete
Corli van der Merwe
Sal die ontledings wat in Brookside gedoen is ook werk op die program en waar kan ek so n program kry.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)