Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Akkerbou / Ander / Font-colorredpromosie-artikelfontbrpan-6236b-gee-top-oeste

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

<font color=red>Promosie-artikel:</font><br>PAN 6236B gee top-oeste

 
Andries Zandberg (links), Pannar se verteenwoordiger van Hartswater, saam met mnr. Willie Kruger (met Maricelle op sy arm) en sy vrou, Marisa, by PAN 6236B wat die afgelope seisoen 14 ton graan per hektaar opgelewer het.
Andries Zandberg (links), Pannar se verteenwoordiger van Hartswater, saam met mnr. Willie Kruger (met Maricelle op sy arm) en sy vrou, Marisa, by PAN 6236B wat die afgelope seisoen 14 ton graan per hektaar opgelewer het.

Afgesien daarvan dat chemiese bespuitings teen stronkboorder by
mielies duur is, plaas dit ook druk op sy bestuursprogram. Daarom
plant hy graag 'n baster soos PAN 6236B, wat hom gemoedsrus bied
vanweë sy weerstand teen stronkboorder, sê hierdie besproeiingsboer.

"Wanneer stronkboorder die
slag erg toeslaan, laat dit
maklik 'n verwagte opbrengs
van 12 t/ha tot net
7 t/ha krimp. Juis daarom maak ek graag
staat op die gemoedsrus en voordeel wat
PAN 6236B met sy weerstand teen stronkboorder
my bied," sê mnr. Willie Kruger,
besproeiingsboer van die Vaalharts-besproeiingskema
naby Hartswater in die
Noord-Kaap.

"Omdat my mielies in die verlede al erg
onder stronkboorder deurgeloop het, is ek
deeglik bewus van die skade wat dieplaag
aan 'n belowende mielie-oes kan aanrig."

Afgesien van die gemoedsrus wat
PAN 6236B hom bied, het hy ook die verdere
voordeel dat dit sy boerdery se bestuur
aansienlik vergemaklik. Al is die saad van
diebaster duurder, is dit beslis die moeite
werd. Dit skakel onder meer drie voorkomende
chemiese bespuitings teen stronkboorder
uit, wat 'n aansienlike besparing
beteken, sê hy.

Kruger verbou verskeie gewasse, waaronder
mielies, koring, gars en grondbone
in wisselbou met mekaar onder spilpunt-
besproeiing. Vanjaar was dit die tweede
keer dat hy die ultravinnige geel baster
PAN 6236B gebruik het.

Hoewel die opbrengs van mielies in sy
omgewing op 'n gemiddelde van 9 t/ha
staan, het hy twee jaar gelede 'n allemintige
16 t/ha van PAN 6236B op 'n spesifieke land
behaal. Hoewel vanjaar nie juis gunstige
toestande vir mielies opgelewer het nie, is
14 t/ha gestroop. Dit is steeds aansienlik beter
as die norm, sê hy.

Op 4 Desember verlede jaar het Kruger
sy mielie-aanplantings teen 'n stand van
80 000 plante per ha gevestig en hy kon dit
reeds teen 10 Mei vanjaar stroop. Soos met
sy eerste aanplanting is hy nogmaals deur
die baster se goeie staanvermoë en vinnige
afdroging beïndruk.

Die PAN 6236B se koppe was die afgelope
seisoen besonder groot en met puik
graan gevul. Daarby vertoon die baster
ook 'n uitstekende weerstandsreaksie teen
witroes (noordelike blaarskroei), wat eweneens
die opbrengs kan verminder.

Omdat die baster homself al deeglik bewys
het, sal hy PAN 6236B beslis weer gebruik,
sê Kruger.

Hy het Pannar se konvensionele baster,
PAN 6126, teen die voorgeskrewe oppervlakte
as toevlugsoord vir stronkboorders
geplant om sodoende die Bt-tegnologie te
bewaar en te beskerm.

Ultravinnige mielie

In Pannar se pakket geel basters wat
onder besproeiing in die weste aanbeveel
word, word die ultravinnige
geel mielie PAN 6236B uitgesonder
vir sy topprestasie en besonder goeie
stabiliteit.

PAN 6236B bied die voordeel van
weerstand teen stronkboorder en
vertoon ook 'n uitstekende weerstandsreaksie
teen witroes (noordelike blaarskroei).

Dit is 'n besonder goed gebalanseerde
baster met 'n puik staanvermoë
en dit droog vinnig af. Vir verbouing
onder besproeiing word 'n stand
van 80 000 plante per hektaar tot
100 000 plante per hektaar aanbeveel.

Pannar beveel PAN 6236B as die
hoofaanplanting aan. In al die proewe
waar PAN 6236B geplant is, het dit
bogemiddeld gepresteer en oor die
algemeen 'n prestasie van 10% beter
as die gemiddelde behaal.

  • Navrae: U naaste Pannar-verteenwoordiger
    of landboukundige of Andries Zandberg,
    verteenwoordiger van Hartswater,
    sel 082 809 4372.

    Hoofkantoor: Tel 033 413 9500.

    E-pos: infoserve@pannar.co.za

    Besoek gerus Pannar se nuwe webwerf by: www.pannar.com

    Landbouweekblad, 3 Augustus 2007

  • 0
     
     
    • 1336 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Grond: Onteiening dalk oorweeg
    • Top-amptenare uit Parlement gejaag

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Bye boer
    • Liggingsdifferensiaal styg
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction