|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Stygende koste dwing boere om aan te pas. Die opstel van 'n begroting vir die boerdery as geheel is 'n voorkeursaak, maar dit moet van alle kante benader word. Die riglyne in hierdie artikel sal help.
Die vinnige styging van produksiekoste dwing boere om meer aandag aan hul begroting te gee - nie net die begroting van die boerdery as geheel nie, maar ook aan elke bedryfstak afsonderlik om seker te maak die een dra nie die ander nie.
Om perspektief te kry op die prys wat die boer vir sy mielies en ander produkte ontvang, gemeet aan die produksiekoste, is dit nodig om terug te kyk na die produksiekoste van enkele items oor 'n paar jaar en wat die ooreenstemmende mielieprys vir die betrokke jaar was.
Uit tabel 1 en tabel 2 is dit duidelik dat die styging in
die mielieprys nie met die styging van die produksiekoste tred gehou het nie, sê
mnr. Sakkie Koster van Afgri Saad. In 1990 kon 'n boer 2 200 l diesel met 5 ton
mielies betaal, 1 ton kunsmis met 1,7 ton mielies en 'n 46 kW-trekker met 190
ton mielies. Vyf jaar later moes hy egter 11 ton mielies gebruik om 2 200 l
diesel te koop, 2,3 ton mielies vir 1 ton kunsmis en 255 ton mielies vir 'n 46
kW-trekker.
|
TABEL 1: Die mielieprys se styging oor |
||
|
size=2>Jaar |
Prys en |
|
|
size=2>(R/ton) |
size=2>% |
|
| 1950 |
22,05 |
- |
| 1960 |
30,86 |
40,0 |
| 1970 |
37,70 |
21,0 |
| 1980 |
115,00 |
207,7 |
| 1990 |
375,62 |
211,0 |
| 1995 |
475,05 |
32,8 |
| 2000 |
580,00 |
22,1 |
|
TABEL 2: Die prysstyging |
|||||||||
|
size=2>Jaar |
size=2>Dieselprys |
size=2>Kunsmisprys |
size=2>Trekkerprys |
||||||
|
Rand per |
Mielies |
Styging |
Rand |
Mielies |
Styging |
Rand per |
Mielies |
Styging | |
|
1950 |
55,00 |
2,5 |
- |
- |
- |
- |
960 |
43,5 |
- |
|
1960 |
88,00 |
2,9 |
60,0 |
29,53 |
1,0 |
- |
2 680 |
54,4 |
75,0 |
|
1970 |
110,00 |
2,9 |
25,0 |
47,25 |
1,3 |
60,0 |
2 308 |
61,8 |
37,4 |
|
1980 |
1 057,00 |
9,2 |
860,9 |
157,71 |
1,4 |
233,8 |
11 899 |
103,5 |
415,6 |
|
1990 |
1 821,00 |
5,1 |
72,3 |
617,00 |
1,7 |
291,2 |
68 000 |
190,1 |
471,5 |
|
1995 |
3 542,00 |
7,5 |
94,5 |
1 107,63 |
2,3 |
79,5 |
111 270 |
234,2 |
63,6 |
|
2000 |
6 600,00 |
11,4 |
86,3 |
1 325,16 |
2,3 |
19,6 |
147 841 |
254,9 |
32,9 |
| 1 = Die hoeveelheid mielies benodig om 2 200 l diesel, 1 ton kunsmis of 'n 46 kW-trekker te betaal. |
|||||||||
'n Goeie begrotingsbeplanning het die volgende voordele:
Om die boer te help, het mnr. Koster begrotings vir
mielies, droëbone, sojabone en sonneblomme (tabel 3) opgestel.
Dit dien as voorbeeld en sluit die meeste regstreekse produksiehulpmiddels in,
asook sommige oorhoofse koste, maar nie huur en heffings vir streekdiensterade
nie. Die produksiekoste sal van plaas tot plaas verskil, maar vir 'n plaas in
Mpumalanga sal die koste nie drasties van die voorbeelde in die betrokke
begrotings verskil nie.
|
face=Arial size=2>TABEL 3: Berekende insetkoste van mielies, droëbone, |
||||
|
face=Arial size=2>Item |
face=Arial size=2>Mielies |
face=Arial size=2>Droëbone |
face=Arial size=2>Sojabone |
face=Arial size=2>Sonneblomme |
|
face=Arial size=2>Koste |
face=Arial size=2>Koste |
face=Arial size=2>Koste |
face=Arial size=2>Koste | |
338,50
1 153,40
358,00
132,00
434,40
217,20
-
162,90
139,44
139,44
139,44
92,96
66,90
80,28
169,48
35,68
150,00
150,00
150,00
150,00
-
-
-
18,43
88,43
50,00
50,00
-
158,91
224,95
157,36
132,52
20,25
20,25
20,25
20,25
-
291,05
225,90
-
315,00
315,00
315,00
315,00
430,00
430,00
430,00
430,00
50,00
75,00
50,00
50,00
76,71
220,26
175,56
55,43
450,00
-
-
-
305,84
378,77
252,11
179,46
3 024,37
3 745,60
2 493,10
1 774,63
200,00
200,00
200,00
200,00
600,00
600,00
600,00
600,00
200,00
200,00
200,00
200,00
210,00
210,00
210,00
210,00
4 234,37
4 955,60
3 703,10
2 984,63
size=2>(R/ton)
(R/ton)
(R/ton)
size=2>(R/ton)
-
4 956,00
3 703,00
2 985,00
-
2 478,00
1 852,00
1 492,00
1 411,00
1 652,00
1 234,00
995,00
1 059,00
-
-
-
847,00
-
-
-
Volgens die tabel sal die boer se regstreekse koste vir die verbouing van mielies hierdie seisoen sowat R3 025/ha beloop. As die oorhoofse koste bygereken word, bedra dit sowat R4 235/ha. Dit verteenwoordig 'n totale koste van R1 411/ton teen 'n opbrengs van 3 ton/ha, R1 059/ton as die boer 4 ton/ha oes en R847/ton as hy 'n goeie oes van nagenoeg 5 ton/ha het.
Droëbone se totale regstreekse koste is nagenoeg R3 745/ha, en as die oorhoofse koste bygetel word, is dit sowat R4 955/ha. As droëbone 3 ton/ha lewer, is die koste R1 652/ton, wat tot R2 478/ton styg as die opbrengs net 2 ton/ha is.
Volgens die berekeninge sal dit 'n boer hierdie somer R3 703/ha kos om sojabone te kweek. Daarvan is R2 493 regstreekse koste. Die res bestaan uit oorhoofse koste. Lewer 'n land 2 ton/ha, kos dit hom sowat R1 852/ton. Teen 'n hoër opbrengs van 3 ton/ha sal 'n ton sojabone hom net sowat R1 234/ton uit die sak jaag.
Die prentjie vir sonneblomme lyk só: Die regstreekse koste bedra R1 775/ha en as die oorhoofse koste bygereken word, styg dit tot R2 985/ha. Per ton bereken, sal 'n opbrengs van 2 ton/ha die boer R1 492/ton kos, wat tot R995/ton daal as hy 3 t/ha oes.
Met hierdie begrotings vir die verskillende bedryfstakke kan 'n boer bepaal of dit winsgewend vir hom gaan wees om van die gewasse te plant. Elke land se geskiedenis behoort aan hom 'n aanduiding te gee van watter opbrengs moontlik is. Met dieopbrengste in gedagte kan die boer bepaal teen watter koste watter gewasse winsgewend verbou kan word.
24 Oktober 2003
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24