Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Akkerbou / Ander / Geenbewerking-eerste-toer-wk

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Geenbewerking: Eerste toer in WK

 
Deur JAN BEZUIDENHOUT
Skottelgebaseerde planter. Foto: JOHANN STRAUSS
Skottelgebaseerde planter. Foto: JOHANN STRAUSS

Die eerste groentoer van die nuwe vereniging vir Bewaringslandbou Wes-Kaap is in die Swartland aangebied en 22 mense het dit meegemaak. Drie plase in die omgewing van Pools, Eendekuil en Porterville is besoek.

In die jongste nuusbrief van Bewaringslandbou Wes-Kaap (BLWK) skryf dr. Johann Strauss, senior navorser, volhoubare produksiestelsels van die departement van landbou in die Wes-Kaap oor dié besoek: 

“Op Pools het ons plase besoek van mnr. Abri Richter waar ons gekyk het na sy kanola en medics. Hy het ook sy suksesse met geenbewerking bespreek en aan die groep ‘n kamp gewys waar die insluiting van medics as deel van ‘n wisselbouprogram die gemiddelde koringopbrengs van 2,2 t/ha laat styg het tot 3,3 t/ha. Hierdie waarneming steun die resultate van die wisselbou-proewe te Langgewens.

Onkruiddoder het teen hellings afgespoel
“Hy het het ook aan ons ‘n hawerkamp getoon waar daar skade was as gevolg van trifluralien. Swaar reën het die onkruiddoder teen die hellings van gruisagtige grond laat spoel, wat kaal kolle in die land veroorsaak het.

“In ‘n nuut gevestigde medics-kamp, waarvan die helfte op koringstoppel en die ander helfte op kanolastoppel gevestig is, kon duidelike verskille in die produksie van groenmateriaal gesien word. Die medics wat op die kanolastoppel gevestig is, is meer welig as die koringstoppel-gedeelte.

Op Eendekuil is besoek afgelê by mnr. Chrisjan Burger wat oorgeskakel het na 'n skottelgebaseerde planter (sien meegaande foto) in die huidige seisoen. Volgens Chrisjan is hy baie ingenome met die omskakeling en die koring en lupien kampe wat ons besoek het, het gewys dat die plant-aksie baie suksesvol was. Die plaas het baie sanderige grond wat tydens die somer soos sement raak. Natuurlike verdigting is deel van die pakket en Chrisjan vertel dat hy veral probleme het met die wenakkers waar implemnte draai. Hy het 'n Paraplow die seisoen getoets om te sien of dit enige effek op die harde wenakkers het.

Ongelooflike koringstand
Ons het 'n koringkamp besoek waar SST027 geplant is na die vorige jaar se lupiene. Die spesifieke kamp het 2,1 ton/ha lupiensaad gelewer en die huidige koringstand is ongelooflik.

Die toer is afgeluit op die plaas van mnr. W.G. Treurnight (NuHoop) in die Porterville-omgewing. WG het vir ons ‘n koringkamp gewys waar hy teen 46 kg/ha geplant het, ná ‘n verstellingsfout op die planter. Ná ‘n paar slapelose nagte, volgens WG, het die seisoen só verbeter dat die kamp tans uitstekend daar uitsien. Van die mooiste hawer stande in die Swartland is ook naby die opstal te sien. Ons het ook ‘n kamp besoek waar sedert die plaas na geenbewering oorgeskakel het in 1995 nog net twee van die jare nie koring geplant is nie. Die spesifieke kamp het nie raaigrasprobleme nie en die oesmateriaal word gekap en versprei op die kamp. Wat wel merkwaardig was, was die hoeveelheid erdwurmhopies op die land, wat spreek van gesonde grond.”

* Die BLWK se volgende groentoer is op Donderdag, 15 September. Vertrek om 09:00 vanaf die silo’s op Bredasdorp (oorkant die Megaweek-terrein) en drie boere word besoek. Hulle is: mnre. Erhard du Toit, Skietpad, Napier: Suiwer geenbewerking-kontantgewas verbouing.
Mnr. Joos Badenhorst, Middeldrift, Swellendam/Malgas: Wisselbouproewe in droër Napky-gebied.
Mnr. Johannes Schoonwinkel, Kluitjieskraal, Spitskop-pad, Bredasdorp: Disc-planter en dekgewas stelsel. Die toerlede behoort om 13h00 terug te wees by die Megaweek-terrein.

Die sogenaamde groentoere wat die BLWK reël, kan verdeel word in een ná plant, een in die middel van die seisoen en een nader aan die einde. Die bruintoer sal ná die oes seisoen geskied om na oesreste, waterindringsvermoë en grondtemperature te kyk.

Navrae: dr. Johann Strauss (johannst@elsenburg.com)

5 September 2011

0
 
 
  • 1317 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

E Labuschagne 
09 Sep 2011 17:21

Was daar al soortgelyke toer naby Pretoria? Enige vooruitsigte?

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Gifplante
  • Sout-en-Sichuanpeper-garnale
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction