Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Akkerbou / Ander / Gryse-se-wyshede-en-sy-wil-om-te-wen

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Gryse se wyshede en sy wil om te wen

 
CHARL VAN ROOYEN (cvanrooy@landbou.com)

Daar moet perskebome op sy nuwe plaas wees, want dit beteken diep grond. Andersins is dit 'n swak plaas, is een van die wyshede van hierdie swart boer van Noordwes, 'n opkomende landbouer wat bestem is om tot volwaardige kommersiële boer te groei.

Hy was nooit op skool nie, maar mnr. Lazarus Mothusi is 'n boer in murg en been. Sy kennis van die landbou maak van hom een van dieswart boere wat die potensiaal het om eersdaags trots skouers met sy blanke kommersiële eweknieë te kan skuur.

Mothusi (61), wat vanjaar deur Graan Suid-Afrika (GSA) as sy Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar aangewys is, boer by Weltevrede naby Lichtenburg in Noordwes. Hy ploeg 160 ha grond en plant mielies en sonneblomme. Hy het ook 77 beeste en 88 skape.

Alles is op grond wat hy huur by mense in sy gemeenskap wat gebruiksreg daarvan het. Die grond behoort aan die stamhoof.

Beskou hy homself al as 'n kommersiële boer? "Ek is 'n boer, dis al," sê hy. "As ek my eie plaas het, kan jy my 'n kommersiële boer noem."

Sy vordering as landbouer lees soos 'n sprokiesverhaal. Hy het op 'n plaas grootgeword waar sy pa plaaswerker was. Daar het hy al geleer trekker bestuur ? "skelm terwyl my pa op die modderskerm gesit het" ? en ook baie van vee geleer. Hy was nooit op skool nie en het begin plaaswerk doen toe hy groot genoeg was. So het hy ook van 'n melkery geleer.

Later het hy by 'n maatskappy gaan werk wat silo?s bou. Met sy eerste salaris het hy 'n radio gekoop en dit later vir 'n skaaplam verruil. Die boer het hom toegelaat om die skaap daar aan te hou.

Toe hy later agt skape het, het hy dit na sy huis op Weltevrede gebring. In 'n stadium het hulle tot oor die honderd aangeteel. Hy het ook 'n tollie gekoop en dit by sy pa vir 'n versie verruil. Sy beeste het ook stelselmatig meer geword.

Mothusi het later besluit om met 'n saaiery te begin. Hy het vyf beeste verkoop en 'n tweedehandse trekker gekoop. Hy het ook waens en ander werktuie aangeskaf. Vir 'n ekstra inkomste het hy ander saaiboere se mielies na die plaaslike meule aangery en meel terug gekarwei. Hy het nou vier trekkers en 'n bakkie.

Hy boer nou elf jaar lank heeltyds, hoewel hy steeds 'n nagwag by 'n besigheid is vir die afgelope 22 jaar. Daardie salaris is vir hom baie werd. Bedags boer hy.

Wanneer slaap hy? Hy sê hy het nie baie slaap nodig nie en dut af en toe vir 'n rukkie in, sommer in 'n stoel.

Omdat hy nie kan lees nie, maak Mothusi op sy kinders staat om vir hom te lees en met die boekhouding te help. Hulle was almal op skool. Sy eie leerskool was sy pa en broer, Ezekiël, 'n werktuigkundige wat hom van werktuie se instandhouding, ploeg en plant geleer het.

'n Kursus vir graanboere wat hy in 2004 by GSA bygewoon het, het hom van kunsmis se waarde en chemiese onkruidbestryding geleer. "Ek het met die oog gesteel. Ek sê altyd vir die mense: Steel met die oog, dan kom jy nie in die moeilikheid nie, maar as jy met die hande steel, gaan jy tronk toe."

Hy weet die regte plantdiepte vir mielies is 'n vuurhoutjiedosie wat op sy kop staan en vir sonneblom as dit op die kant gedraai is. Die afstand tussen die sade is 'n man se skoenlengte. Sy planters is vir 7 voet rye (2,1 meter) gestel, die regte maat vir mielies. As hy sonneblomme plant, sit hy ekstra planttoerusting tussenin.

Hy weet ook mielies moet drie sakkies kunsmis per hektaar kry en sonneblom twee sakkies. Verlede jaar was hy so voorspoedig dat hy nog 'n tweedehandse trekker vir R28 000 kontant kon koop én nog geld kon spaar. Dit help nie om te lank met 'n ou trekker te sukkel nie. "Die spanners maak 'n mens dood," is sy wysheid oor te veel uitgawes aan 'n werktuig wat gereeld onklaar raak.

"Ek wil nie skuld maak nie. Ek leen net geld om te ploeg en plant en betaal dit dan met die oes terug," vertel hy. Alle ander goedere wat hy nodig kry, betaal hy kontant met sy oeste se geld of deur vee te verkoop. Veral die vee is belangrik vir kontantvloei. Hy beskryf die kalwers as sy rente (dividende).

'n Eie plaas bly sy groot droom. Eerste Nasionale Bank (ENB) is besig om hom te help. Hierin speel mnre. Cois Harman, direkteur van Agri Start, die mentorskaprol vir ENB se finansieringsprojek vir opkomende boere, en David Mashiloane, streek-landboubestuurder van ENB in Noordwes, 'n sleutelrol.

Landbouweekblad is saam met hulle om vir Mothusi te gaan kuier. Hulle sê hierdie swart boer is een van die talle boere wat reeds deur die bank geïdentifiseer is as iemand wat wil boer en dit suksesvol kan doen. Sodra sy lening finaal goedgekeur is, sal hulle vir hom plase aanbied om uit te kies. Omdat hy ook vir staatshulp in aanmerking kom, sal die lening nie groot hoef te wees nie.

Sy ideaal is 'n plaas wat nie te ver is vanwaar hy nou boer nie. Hy sal na die nuwe plaas trek, maar sal sy huis op Weltevrede behou vir die ouer kinders wat daar wil aanbly.

Hoe sal hy 'n plaas kies?

"Ek gaan eers kyk of daar perskebome is, want hulle het diep grond nodig om water te gaan uithaal," beduie Mothusi. Dit is 'n teken van diep grond, wat ook vir saaiery onontbeerlik is.

As hy op die nuwe plaas is, sal hy nie meer ander werk doen nie, maar al sy aandag aan die boerdery gee.

Opkomende boere wat deur ENB met finansiering gehelp word, pluk reeds die vrugte van toegewyde betrokkenheid en die opkomende boer-projek bewys ál meer dat die toekoms van die landboubedryf in Suid-Afrika stabiel en suksesvol daar uitsien.

Al drie wenners die afgelope drie jaar van Graan SA se Ontwikkelende Graanprodusent van die Jaar-wedstryd is deel van 'n groep wat geïdentifiseer is met die vermoë om 'n sukses van graanboerdery te maak, sê mnr. Ernst Janovsky, hoof van ENB Agrifinansiering. In 2004 was mnr. Paul Morule die wenner en verlede jaar mnr. Mos Malo. Morule is reeds deur ENB gefinansier om sy eie plaas te koop. "Alle aanduidings is dat hy sy plaas gou sal afbetaal," sê Janovsky. Hy het die eerste jaar meer as twee derdes van sy verband afgelos. Malo bly reeds op sy plaas. Mothusi sal volgende wees. "Hy het die vermoë om te boer én verantwoordelik met geld te werk," sê Harman.

Mothusi gee groot eer aan sy vrou, Ruth. Al die tye toe hy nie by die boerdery kon wees nie, het sy gesorg dat alles vlot verloop. "Anders sou ek nie vir 'n ekstra inkomste kon werk nie," sê hy en vat haar om die lyf.

Sy raad aan ander voornemende swart boere is kort en bondig. "Sorg dat jy nie vir iemand anders hoef te sê ?môre baas nie?. Jy moet sélf 'n baas word. Dan kan jy in die oggend in die spieël kyk en vir jouself sê, ?môre baas?."

Waar sien hy homself oor vyf jaar? Nog steeds as 'n boer, maar 'n baie suksesvolle boer.

Landbouweekblad, 15 Desember 2006

0
 
 
  • 1978 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Droogte bly ondanks Kaapse storms
  • Bepaling van plaas se drakrag vir wild
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction