Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Akkerbou / Ander / Klein-tabakboere-na-hoofstroom-gelei

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Klein tabakboere na hoofstroom gelei

 
ANDRIES GOUWS (agouwss@landbou.com)

Welslae word behaal met 'n ondernemende projek om kleinboere in die
hoofstroom van tabakproduksie in te trek en as kommersiële produsente te vestig.


'n Groep klein tabakboere op Groblersdal in Mpumalanga is vinnig besig om te vorder op die pad na kommersiële produksie, selfstandigheid en 'n menswaardige bestaan, danksy die Hereford-projek wat deur twee kommersiële tabakprodusente begin is en nou deur die tabakbedryf verder gevoer word.

Die Magaliesberg Koöperatiewe Tabakkwekersvereniging (MKTV) speel 'n groot rol in die projek wat daarop gemik is om aanstaande seisoen 75 klein tabakboere gevestig te hê en hulle te lei om oor vyf jaar selfstandige kommersiële tabakprodusente te wees.

Mnr. Deon Meyer, bestuurder van landbouontwikkeling by MKTV op Groblersdal, sê in 1996 is 32 kleinboere, almal lede van die boerevereniging Tafelkop, op staatsgrond gevestig op persele wat wissel van 1,5 ha tot 7 ha.

In die eerste paar jaar het daar nie baie gebeur nie en die boere het 'n bietjie groente geplant. Dit was hoofsaaklik maar bestaansboerderytjies.

In die 2000/1-seisoen het twee plaaslike kommersiële tabakboere, mnre. Joppie Graham en Ben Jovner, vyf van diekleinboere gevra om vir hulle tabak te plant. Dit was 'n hulpprojek.

Die boere het met die plantery gehelp en die kleinboere moes die tabak net versorg tot oestyd toe. Die boere het die tabak geoes, gedroog en bemark. Die geld wat met die tabak verdien is, is aan die kleinboere uitbetaal.

In die 2001/2-seisoen het die MTKV op versoek van die twee boere betrokke geraak en die bestuur van die tabakprojek oorgeneem.

Uit die staanspoor was die oogmerk om die kleinboere op te hef om mettertyd volwaardige tabakboere te word. Om selfstandig te word, sou hulle moes leer om die regte akkerboupraktyke te volg en nie kinderarbeid te gebruik nie, maar eerder werk vir ander te skep.

In die eerste seisoen het 12 van die kleinboere besluit om tabak te plant, maar daar was nie tyd vir opleiding voor die planttyd nie.

Die kleinboere het 'n produksielening by MKTV gekry en hulle is gehelp om die tabak in die grond te kry. MKTV het die tabak geoes, gedroog en in 'n poel bemark. Nadat hul produksiekoste afgetrek is, is die geld tussen die boere verdeel in verhouding tot die opbrengs wat behaal is.

Mnr. Thomas Masotho het die beste gevaar. Nadat sy lening verhaal is, het hy sowat R12 000 vir sy tabak gekry. Die gemiddelde inkomste van die boere was sowat R6 000 per hektaar.

Al twaalf die kleinboere het toe by MKTV aangesluit as volle lede. Die nuus van dievordering het vinnig versprei en 32 belangstellendes het al aansoek gedoen om lidmaatskap by MKTV. Al 32 is as lede aanvaar.

Elkeen van diekleinboere is nou 'n volle lid van MKTV. Elkeen het sy eie lidnommer, en produksierekening en elkeen lewer sy tabak onder sy eie naam. Soos wat 'n kleinboer produseer, word sy produksielening stelselmatig gedelg en die geld wat oor is, word aan hom uitbetaal.

Intussen is 'n voorligtingsbeampte, mnr. Martin Matsepe, aangestel om hulle op te lei in al die fasette van tabakverbouing en hulle met raad en daad by te staan.

Die opleiding word in fases gedoen. Die nuwelinge het nou al geleer om self te plant, die tabak deur die groeiseisoen te versorg, suiersgroei te beheer, die plante te top en die blare te oes.

Hulle word nou opgelei om hul eie plantjies te kweek. Intussen word bestaande tabakoonde op die grond herstel en van die boere het al begin om hul eie tabak te droog. Die meeste kleinboere se tabak word nog deur MKTV gedroog. In dieseisoen het 24 van die kleinboere altesame 35 ha tabak geplant. 'n Konserwatiewe mikpunt van 1 800 kg tabak per hektaar word vir hulle gestel.

Die kleinboere het intussen ook hul eie tabakstudiegroep op die been gebring. Hulle vergader elke maand om probleme te bespreek en te gesels oor wat dietyd van die seisoen gedoen moet word.

Die hele tabakbedryf is opgewonde oor die projek en Tabak RSA, British American Tobacco (SA), Swedish Match en Universal SA het almal daarby betrokke geraak en onderneem om te help met die koste van die projek. MKTV sal egter steeds vir die van dag tot dagbestuur van die projek en die opleiding van die boere verantwoordelik wees en sekere bedryfskoste finansier.

Die oogmerk is om teen aanstaande seisoen 75 klein tabakboere in die projek in die omgewing van Groblersdal te hê. Daar word ook gekyk na moontlike nuwe projekte by Swartkoppies, naby Verena, en die Hertzogberge, nader aan Witbank.

Die doel is om ál die boere volwaardige kommersiële tabakprodusente te maak wat deurgaans ondersteun word deur 'n voorligtingsdiens soortgelyk aan diewat kommersiële boere bedien, sê mnr. Meyer.

 

Wisselbou toegepas


Elke kleinboer se perseel is opgemeet en só beplan dat hy 'n
wisselboustelsel kan gebruik waarin tabak net elke derde jaar op dieselfde
grond geplant word. Een hektaar tabak word op 'n keer geplant en in die volgende
twee jaar word ander gewasse, soos mielies, katoen, koring en rankgewasse, op
diegrond geplant.

Tabak word altyd ná 'n somergewas soos mielies of katoen geplant, wat die grond uitdroog om die opbou van swammme in die grond te voorkom.

Voor planttyd word grondmonsters geneem, die grond ontleed en bemesting word daarvolgens toegedien.

Met planttyd word 'n program opgestel. Elke boer het sowat vier werkers wat hom help, maar as geplant word, kom al die werkers bymekaar en begin by een boer plant en beweeg dan na die volgende om te verseker dat die plantjies vinnig in die grond kom.

Omdat die voorligter ook by is, dien die gesamentlike plantery nog elke dag as verdere opleiding. Deur die seisoen versorg elke kleinboer sy eie tabak met sy werkers se hulp. Vloedbesproeiing word nog gebruik, maar geld is klaar deur die owerheid bewillig om pompe te voorsien sodat die water deur oorhoofse besproeiingstelsels toegedien kan word. Hulle kry water uit die Herefordskema.

Dit is betreklik goeie grond en die gemiddelde bemesting
bestaan uit sowat 100 kg stikstof, 40 kg fosfaat en 140 kg kalium per hektaar.
Gemiddeld 16 000 plantjies word per hektaar geplant wat uiteindelik op 'n hoogte
van 18 blare getop word. Mnr. Deon Meyer by die Magaliesberg Koöperatiewe
Tabakkwekersvereniging op Groblersdal bestuurder van landbouontwikkeling, sê die
opbrengs is nog effens onder die gemiddeld van 2 200 kg/ha van die kommersiële
boere van die omgewing, maar van die kleinboere behoort dit vanjaar verby te
steek.


20 Junie 2003

0
 
 
  • 2740 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wil beesplaas koop
  • Strenger regulasies vir arbeidsmakelary
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction