|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
‘n Konferensie oor bewaringsboerdery word deur die “No Till”-klub in KwaZulu-Natal van 6 tot 8 September aangebied.
Die tema is: “Is dit betalend om gras as ‘n wisselbougewas te plant om my grond te verbeter?” Verskeie kundiges sal oor geenbewerking gesels, daar sal demonstrasies van werktuie wees en dekgewasse sal op ‘n nabygeleë perseel besigtig word.
Van die sprekers wat op die konferensie optree, is mnre. Steve Morris, voorsitter van KZN se No Till-klub, Johann Zietsman, bekende bees- en weidingskonsultant van Zimbabwe en Guy Thiebaud, grondwetenskaplike van Cedara, wat sal praat oor hoe om die impak van wisselbougewasse by saaigrond te meet.
Die konferensie is van 6 tot 8 September by die ATKV se Drakensville Vakansie-oord in die Drakensberge.
Die volledige konferensieprogram, met kontaknommers vir besprekings, is op die aangehegte PDF beskikbaar. Die konferensie kos R1650 vir lede en R1800 vir nie-lede. Dié spesiale prys verhoog ná 2 September.
‘n PDF-dokument oor die scenario vir die konferensie, is ook in ‘n PDF-dokument hieronder beskikbaar.
Besoek die KZN No Till-klub se webwerf
28 Junie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Hi Johann
Geenbewerking behels om in 'n land te plant sonder om die grond voor te berei, jy plant dus soos die land daar staan.
Groete
Corli van der Merwe
Webredakteur
Kan iemand my presies vertel wat geenbewerking is. Baie dankie
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)