Sasol Nitro gaan van sy kunsmis-vermengingsaanlegte verkoop nadat die afdeling geherstruktureer is.
Die streekaanlegte is in Bellville, Durban, Kimberley, Potchefstroom en Endicott.
Belangstellendes word genooi om hul belangstelling in dié aanlegte, wat as lopende sake verkoop word, in te dien.
Die kontakpersoon is mnr. Damain Matroos, Sturdeelaan1, Rosebank 2192. Sy e-pos-adres is damain.matroos@sasol.com en die faksnommer is 011 219 2810.
Die volledige besonderhede van die beoogde verkope is in die PDF-dokument hieronder. Let op die primêre vereistes van die aanbod om te verkoop.
Die sluitingsdatum is 13 September om 12:00.
6 September 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)