Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Akkerbou / Ander / Kunsmis-kan-vanjaar-duurder

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Kunsmis kan vanjaar duurder

 
Deur CHARL VAN ROOYEN

Slegte nuus vir saaiboere is dat kunsmispryse wat die afgelope jaar of wat skerp gestyg het, vanjaar nóg verder kan toeneem. Dit is onder meer omdat die aanbod sukkel om by die vraag kers vas te hou.

Die wêreldprys van ureum het die afgelope 12 maande met 46% gestyg, dievan di-ammoniumfosfaat (DAP) met 230% en swael is nou sewe keer duurder as 'n jaar gelede.


Hierdie astronomiese prysverhogings word regstreeks oorgedra na die prys wat die Suid-Afrikaanse boer vir sy kunsmisprodukte betaal. Dit is omdat Suid-Afrika die prys saam met die produk invoer, sê dr. Gert van der Linde, direkteur van die Misstofvereniging van Suid-Afrika (MVSA), wat pas van 'n besoek aan Amerika teruggekeer het.
Daar is verdere onwelkome nuus. Die prys van kunsmis kan vanjaar nóg verder styg.


Wat gaan aan?, wou Landbouweekblad by hierdie deurwinterde kunsmisman weet. Hoekom hou die pryse aan met styg en wanneer gaan daar 'n draaipunt kom? Boere trek reeds so noustrop weens die hemelhoë koste van produksiemiddele.


Volgens Van der Linde is dit die vraag na kunsmis wêreldwyd, asook die hoë olieprys, wat die skuld moet kry. Asië veral, aangesien lande op dievasteland deesdae so te sê net soveel kunsmis verbruik as die res van die wêreld saam.
Hy sê kunsmispryse het die afgelope jaar buitengewoon gestyg. Die prys wat Suid-Afrika vir die ureum in die Arabiese Golf betaal, het byvoorbeeld in Januarie verlede jaar op $280 (R1 938 @ R6,92 vir 'n Amerikaanse dollar) per ton gestaan. Vandeesmaand staan dit reeds op $410 (R2 837) per ton.


China, Indië en Amerika koop baie ureum, sê Van der Linde. Voedselproduksie in China en Indië het die vraag na ureum laat styg, terwyl die Amerikaners se groter honger na kunsmisprodukte hoofsaaklik weens die vervaardiging van biobrandstof toegeneem het.


DAP se internasionale prys het die afgelope 12 maande van $270 (R1 868) tot $620 (R4 290) per ton opgeskiet. In die vorige vyf jaar het die DAP-prys met slegs $100 toegeneem.


Saam met die groter vraag na DAP in Asië en Noord-Amerika moet die hoë olieprys ook skuld vir die hoë kunsmispryse kry. Sodra die olieprys styg, begin die vraag na aardgas styg. Dit laat die prys van aardgas styg en só begin die bose kringloop. Ammoniak kom van aardgas en is die bron van sekere kunsmisprodukte. Dan styg daardie misstowwe se pryse ook.


Swael het nét so duur geword, want dit word deels uit aardgas en ru-olie geproduseer. Dit het die afgelope jaar vanaf $50 (R346) per ton tot $350 (R2 422) per ton gestyg. Swael word gebruik om swaelsuur te vervaardig, wat dan op sy beurt gebruik word om fosforsuur te produseer. As die prys van swael dus styg, styg die prys van fosforsuur ook, wat weer op sy beurt die grondstof vir die meeste kunsmis is.


Kalium se prys het weer weens 'n internasionale tekort toegeneem. Vervaardigers en invoerders het wêreldwyd lae voorraadvlakke.


Hoë groei in die bruto nasionale produk (BNP) het wêreldwyd tot groot voorspoed gelei. Bevolkingsgetalle neem toe, dus is daar groter druk op die voorsiening van voedsel. Die wêreld se BNP word vir vanjaar op gemiddeld 4,8% verwag, die vierde agtereenvolgende jaar wat dit om en by 5% sal wees. Dit is grootliks danksy sterk groei in Asië.
Die hoogste groei in BNP is in China ('n geraamde 10% vir vanjaar), Indië (8,4), Rusland (6,5) en Brasilië (4).


Vir hierdie groter produksie van kos is uiteraard meer kunsmis nodig. In 2006/'07 was Oos-Asië en Noord-Amerika vir 66% van die toename in die vraag na kunsmis in die wêreld verantwoordelik. As Suid-Asië bygevoeg word, neem dit toe tot 84% van die groei. Kenners raam dat 89% van die groei in die vraag na kunsmis tussen 2006/'07 en 2008/'09 vanuit Oos- en Suid-Asië en Latyns-Amerika sal kom.


Van der Linde sê die huidige relatief sterk rand het Suid-Afrika deels teen die volle impak van die wêreldwye prysstygings beskerm. As die rand sou verswak, kan nog stygings in die kunsmisprys voorkom.
Nogtans is daar darem 'n bietjie goeie nuus ook.


Eerstens was daar die afgelope 12 maande 'n groot groei in die wêreldprys van landboukommoditeite, byvoorbeeld die mielieprys wat met 73% gestyg het, terwyl die sojaboonprys met 61% toegeneem het. Hierdie twee produkte se skerp prysstyging is onder meer te danke aan die styging van 32% in die produksie van biobrandstof. Terselfdertyd het die koringprys met 64% gestyg.


Tweedens het die groot vraag na kunsmis veroorsaak dat meer produksiegeriewe wêreldwyd geskep word. Die verwagting is dat die tekort aan kunsmis in die wêreldmark in die tweede helfte van vanjaar verlig sal word en dat dit met 'n afplatting van pryse gepaard sal gaan.


Waar laat dit Suid-Afrikaanse boere? Van der Linde sê kunsmis sal nie in 'n tekortsituasie beland nie, maar tydige voorsiening kan dalk vorentoe 'n probleem word. "Ons lede het almal genoeg voorraad, maar namate die wêreldvraag verder styg, kan dit moeiliker word om produkte te bekom, veral in die eerste helfte van 2008. Suid-Afrika is aan die einde van die voorsieningspyplyn en dit is soms moeilik om skepe te bekom, want hulle kry nie altyd 'n vrag om terug te neem nie en moet dan leeg terugvaar."


Volgens Van der Linde kry Suid-Afrikaners wel altyd die produkte wat hulle wil hê, maar moet hulle soms 'n hoër prys betaal.


Hy raai boere aan om nou al die volgende oes se kunsmis te begin bestel mits hulle dit nou kan doen. Dit is nie 'n verkoopsfoefie nie, maar die beste raad in die lig van die huidige somber kunsmisprentjie.

Landbouweekblad, 18 Januarie 2008

0
 
 
  • 2243 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Hupstoot vir bestaansboere
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction