|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Toer saam met Landbouweekblad na Argentinië om geenbewerkingspraktyke in dié land te bestudeer. Die toerdatums is van 4 tot 17 September vanjaar.
Besoeke is op verskeie Argentynse plase aangelê, wat vergelykbaar is met Suid-Afrikaanse toestande, om te sien hoe produsente daar met geenbewerking woeker, die welslae wat hul behaal en die uitdagings wat hulle die hoof moet bied.
Op meer as 90% van die graanplase in Argentinië word geenbewerking toegepas, hoofsaaklik danksy die werk van Aapresid. Dit is die nasionale vereniging vir geenbewerking, wat ‘n groot rol in dié land se landbou speel.
Planters vir geenbewerking
Ander besoeke is aan ‘n planterfabriek waar planters vir geenbewerking die lig sien, asook die graan-uitvoergeriewe in die rivierstad Rosario. Toerlede kry ook die kans om hul te vergaap aan die Liniers-vleismark in Buenos Aires, waar tot 10 000 beeste daagliks onde die hamer kom! ‘n Ongelooflike ervaring vir enige boer.
Die toer sluit af met ‘n besoek aan die bekende Igauzú-watervalle, een van die natuurlike wonders van die wêreld. ‘n Maksimum van 25 mense kan die toer meemaak.
Die Landbouweekblad-toer word gereël deur mnr. Hendrik Jordaan, wat al verskeie landboutoere vir Landbouweekblad na Argentinië gereël het. Die toerprogram is op sy webwerf, Laurik International www.laurik.com.ar beskikbaar, of lees die PDF-dokument wat hieronder aangeheg is. E-pos: consultancy@laurik.com.ar.
Die afsnydatum vir besprekings is 25 Julie.
Kontak vir navrae oor koste en besprekings: Yolanda Barkhuizen van Boland Travel in die Paarl. Tel.: 021 872 1581 of e-pos: corporate1@bolandtravel.net.
5 Julie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)