Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Akkerbou / Ander / Mielie-winste-weer-onder-die-loep

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Mielie-winste weer onder die loep

 
MARLEEN SMITH

Die gereelde ontleding van mielieboere se gemiddelde produksiekoste en wins sal hopelik hervat word ná 'n nuwe studie wat deur die Mielietrust gefinansier is. Dienavorsing het verontrustende resultate oor die winsgewendheid van mielieboerdery in die Noordwes-Vrystaat opgelewer.

Die afwesigheid van betroubare inligting oor gemiddelde winste is al etlike jare 'n groot leemte in die mieliebedryf. Sonder diehulpmiddel tas boere in 'n groot mate in die donker wanneer dit by produksiebesluite kom, sê dr. Kit le Clus, gewese landbou-ekonoom van Graan SA wat nou aan die Vrystaatse Universiteit verbonde is.
Le Clus het pas saam met vier ander navorsers van die maatskappy AMT (ook bekend as Aginfo) ondersoek ingestel na 'n haalbare metode om weer gemiddelde mielieproduksie-winsgewendheid gereeld vir die verskillende streke te beraam. Hulle het 'n bloudruk-vraelys aan boere saamgestel en dit in die Noordwes-Vrystaat getoets. Die Mielietrust het die projek gefinansier.
In die dae van die eenkanaal-bemarkingstelsel het die nasionale Departement van Landbou jaarliks die gemiddelde produksiekoste van mielies in die belangrikste produserende streke bepaal. Dit is destyds as grondslag vir die berekening van die beheerde produsente- en plaaslike verkooppryse vir mielies gebruik.
Teen 1984 het die departement egter sy jaarlikse opnames gestaak nadat die Minister van Landbou die toe heersende mielieprys-formule laat vaar het. Graan SA, toe nog die Nasionale Mielieprodusente-organisasie (Nampo), het dietaak oorgeneem deur die gemiddelde winsgewendheid van mielieproduksie jaarliks te bereken. Dit is gedoen op grond van data wat van die belangrikste graankoöperasies se boerderyrekordburo's verkry is.
Die graankoöperasies is egter intussen in maatskappye omgeskakel, hul voorligtingdienste is afgeskaal en hul boerderyrekordburo's gesluit. Nampo kon gevolglik nie sy jaarlikse produksiekoste-beramings voortsit nie.
Sedert die middel 1990's is geen geloofwaardige inligting meer oor die gemiddelde winsgewendheid van mielieproduksie in Suid-Afrika beskikbaar nie, en ook nie oor die bedrywe wat met diegewas in die somersaaistreke meeding nie, sê Le Clus.
Hy en sy mede-kollegas het nou in hul soeke na 'n aanvaarbare metode vir dieberamings 'n uitgebreide opname onder sowat 100 boere by Viljoenskroon, Bothaville en Wesselsbron gedoen. Data van die produksieseisoen 2002/03 is ingesamel.
Die resultate is onrusbarend: Dit toon dat die gemiddelde winsgewendheid van mielie- en koringboerdery in diegebied besonder laag en gevoelig vir opbrengs en produkpryse was.
Boere daar het in die betrokke seisoen gemiddelde verliese van R183/ha mielies en R618/ha sonneblomsaad gely. (Dit was nadat vergoeding vir grond in ag geneem is, maar voordat vergoeding vir bestuur in berekening gebring is.)
Teen die gemiddelde opbrengste was die gelykspeelpryse vir mielies en sonneblomsaad onderskeidelik R895/ton en R2 101/ton.Voorts was die respondente se boerderye meestal nie behoorlik gediversifiseer nie, en hul finansiële oorlewing was hoogs afhanklik van hul mielie-winste. Die groep boere wat ondervra is, het geen algemene gewasdiversifikasie-plan gehad nie.
Terwyl meer as die helfte van die respondente benewens mielies ook sonneblomme geplant het, het net enkeles ook grondbone en koring geplant. Verder het hul vee-vertakkings in die algemeen min tot hul totale inkomste bygedra. &ltp>
In die navorsingsverslag word aanbeveel dat werk dringend gedoen moet word om mielieboere riglyne oor behoorlike diversifikasie-patrone te gee.
Daar is gevind dat die opname se resultate 'n goed verteenwoordigende gemiddelde beeld van die gebied gegee het. Le Clus kan byvoorbeeld met 90 % sekerheid sê dat die gemiddelde regstreekse mielieproduksie-uitgawes van alle boere in die gebied in die betrokke seisoen van R1 344/tontot R1 617/ton gewissel het.
Die ontleding het getoon die gemiddelde mielie-wins het nie 'n volle bydrae gelewer tot vergoeding vir grond nie, asook geen bydrae tot vergoeding vir bestuur in die produksieproses nie.
Sonneblomsaad, as die naasgrootste bedryf, het selfs swakker gevaar. Die gemiddelde sonneblomwins kon nie eens 'n volle bydrae tot vergoeding vir kapitale koste lewer nie.
Die winsgewendheid van die verskillende gewasse in die gebied is aan opbrengs en prys uitgelewer, is bevind.
Teen 'n prys van R846/ton was 'n mielie-opbrengs van 4,2 ton/ha nodig om vir bestuur te vergoed. Andersom, teen die werklike gemiddelde opbrengs van 3,76 ton/ha, moes 'n produsenteprys van minstens R895/ton behaal word om enig-sins 'n bydrae tot bestuursvergoeding te kan maak.
Die werklike gemiddelde opbrengs van 1,61 ton sonneblomsaad per hektaar sou ver-eis dat 'n produsenteprys van R2 101/ton behaal word om vir bestuur te kan help ver-goed. Teen die werklike gemiddelde prys van R1 720/ton sou 'n opbrengs van 1,97 ton/ha egter hiervoor behaal moes word.
17 Desember 2004

0
 
 
  • 1928 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Waarde van rysgras (2)
  • Maak mielieboere nog geld?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction