Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Akkerbou / Ander / Mielieboer-het-tekens-reg-gelees

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Mielieboer het tekens reg gelees

 
CHARL VAN ROOYEN (cvanrooy@landbou.com)

Mielieboere word aangeraai om produksie te verminder om 'n herhaling van vanjaar se graanoorskot en lae pryse te voorkom. 'n Prominente boer vertel van die slaggate wat ander boere moet vermy.

Die jaar toe hy as Graan Suid-Afrika se Graanprodusent van die Jaar aangewys is, het mnr. Deon Bothma van die plaas Newry, Mareetsane, reeds minder mielies as voorheen geplant.

Die reaksie toe van sy medeboere dit gehoor het, was nogal heftig. Die kritiek was meestal fel. "Hoe kán jy? Jy is dan Graanprodusent van die Jaar. Dit is mos nie die regte voorbeeld vir jou medeboere nie!" som min of meer die opmerkings op wat sy ore laat tuit het.

Bothma het sy besluit egter nie geneem toe hy een oggend met die verkeerde voet uit die bed geklim het nie. Nee, dit was 'n besluit met inagneming van die tekens wat toe reeds hard en duidelik in die graanbedryf voorgekom het. Oorproduksie kom te veel voor; dit is nie goed vir die bedryf nie, was sy slotsom.

Hy het in 'n stadium 3 500 ha lande geploeg en baie mielies en sonneblomme geplant. Toe begin hy op groter skaal met vee boer, danksy 'n stelsel van grasrusoeste. Hy het graan 'n paar jaar lank op van die lande verbou en dan borseltjiegras daarop gevestig. Dit het nie net baie goeie weiding vir sy Bovelderbeeste verskaf nie, maar is ook 'n uitstekende wisselboustelsel.

Teen 2002 het hy sy graanaanplantings tot 2 500 ha verminder en in 2003 tot 2000 ha. Hierdie seisoen het hy net 1 800 ha geploeg. Sy mikpunt is 1 400 ha onder kontantgewasse.

Bothma verduidelik hoekom hy minder mielies plant. Hy boer in 'n semi-saaigebied en gewasproduksie daar gaan uiteraard weens min en wisselvallige reën met 'n hoë risiko gepaard. Suid-Afrika produseer ook gereeld te veel mielies en dan duik die prys in die stof. "Suid-Afrika se boere is eintlik tegoed. Hulle boer gaandeweg beter en maak groter oeste, danksy doeltreffender verbouingsmetodes en beter kultivars. Dit is moeilik om sulke groot oeste winsgewend te bemark, soos ons vanjaar weer agtergekom het. Dit is hoekom die pryse nou so laag is.

"Die winsgrens is klein en in jare soos nou boer baie boere teen 'n verlies," sê hy.

Beesboerdery, aan die ander kant, is dalk minder winsgewend as akkerbou, maar is 'n stabieler soort boerdery en bied 'n stabiele inkomste. Dit is nie so droogtegebonde soos 'n kontantgewas op droëland nie. 'n Mielie moet eers ryp word voordat dit geoes en verkoop kan word. 'n Misoes kan dus maklik die boer se voorland wees.

Beeste is anders. As die veld op is, kan hy die kalwers verkoop, al is dit gouer as wat hy aanvanklik beplan het. Per kilogram kalf kry hy gewoonlik steeds 'n goeie prys.

Bothma gesels tussendeur ook oor ander aspekte van boerdery wat hom bekommer, sake soos oorlaatskuld en wat banke gaan doen as sommige boere vanjaar nie met hierdie lae mielieprys ál hul verpligtinge kan nakom nie. As die banke en ander finansieringsinstellings nie hul beleid drasties gaan verander nie, kan baie boere volgende jaar in 'n finansiële krisis gedompel wees.

Die boere sal geen ander keuse hê as om produksie af te skaal nie. Hulle moet egter daarteen waak om onder die plaas se kritieke punt te daal. Hy verduidelik dat elke boerdery basiese koste het waarvoor die boer geld moet hê. As hy sy produksie so verminder dat sy inkomste te klein is om die plaas se koste te dra, is hy in die moeilikheid. Elke boer se groot taak is dus om reg te begroot en vir die regte kontantvloei te sorg.

Nie alle boere sal hul produksie kan afskaal nie. Bothma voorspel net 10 % van die mielieboere sal dit suksesvol kan doen.

Oorhaastige optrede kan 'n boer knou. In die geval van aangeplante weidings en vee kan dit tot tien jaar duur om genoeg graanlande met aangeplante weiding te vervang. Net sowat 10 % graanlande behoort jaarliks omgeskakel te word.

Dit is nie raadsaam om die kontantgewasse te verminder en nie 'n alternatiewe inkomstebron in die plek daarvan te vestig nie. Daar is baie alternatiewe gewasse wat oorweeg kan word, benewens die inskakeling van 'n veefaktor.

'n Boer moet seker maak hy is finansieel sterk genoeg om minder mielies te plant. Bothma self het geen skuld gehad toe hy drie jaar gelede minder mielies begin plant het nie. Die groot vermindering het hom egter ietwat onkant gevang en hy moes sy sente omdraai om deur te kom omdat sy inkomste eensklaps kwaai gedaal het.

Ewe skielik het hy gras op baie mielielande gehad waarmee hy geld moes maak, maar die inkomste uit gras en vee kom nie so gou in soos 'n kontantoes nie. Die gras moet eers gevestig raak voordat dit bewei kan word. Dit duur ook langer vir 'n koei om dragtig te raak, te kalf en 'n kalf groot te maak, as wat dit duur om mielies te plant, te oes en te verkoop.

Daarom is dit nie verstandig om vee met geleende geld te koop om die gras te benut nie, want dit verhoog die risiko's. As hy wag totdat die vee vanself vermeerder om die gras te benut, het hy vir 'n tyd lank geen inkomste van daardie lande nie, maar hy het darem ook nie ekstra skuld nie.

Bothma se laaste stukkie raad: "Luister na jul landbou-organisasies! Hoekom stem ons vir ons leiers as ons nie ag op hul raad wil slaan nie?"

Plant minder . . . wat nou?

Suid-Afrika se Graanboer van die Jaar vir 2002 se besluit om minder graan te plant, is nie ligtelik geneem nie. Duidelike tekens uit die mark het reeds voor 2002 al vir hom gewys hy moet sy graankomponent van die boerdery verklein.

In hierdie artikel gee hy die redes vir sy afskaling en wys op slaggate wat ander boere wat nou begin afskaal, moet vermy. Dit is die eerste van vier artikels oor hoe boere hierdie besluit moet benader.

In die volgende uitgawe gee Both-ma se raadgewers hul mening oor hoe graanboere 'n soortgelyke krisis as vanjaar s'n kan voorkom. Dit sluit die raad van 'n veekundige, grondkundige, koöperasiedirekteur, verkoper van werktuie en graanhandelaar in.

Die derde artikel bestaan uit die veekundige se raad hoe om 'n lae mielieprys met vee te verbeter, suksesvol 'n veevertakking in te bring en die benutting van 'n alternatiewe voerbron, soos voersorghum.

In die vierde en laaste aflewering gee 'n landboukenner 'n langtermynplan hoe veral boere kan voorkom dat hulle in 'n situasie beland waar hulle teen 'n verlies boer. Dit fokus veral op beplanning en faktore waaroor die boer beheer kan uitoefen.

Gras speel 'n groot rol in wisselbou

Mielies bly mnr. Deon Bothma se hoofgewas. Hy verbou dit in wisselbou met sonneblomme, maar die aangeplante borseltjiegras speel 'n belangrike rol in die wisselboustelsel.

Hy plant twee jaar ná mekaar mielies op 'n land en volg dit met sonneblomme op. Daarna plant hy gras, wat vir vyf tot agt jaar bewei kan word totdat die produktiwiteit afneem. Dan ploeg hy die gras uit en begin weer met mielies.

Die borseltjiegras het 'n heilsame uitwerking op die lande, want dit is in werklikheid 'n rusoes. Die grond rus terwyl dit nie bewerk word nie, verskaf goeie weiding vir die vee en is daarna weer goeie lande vir die kontantgewasse.

Namate hy minder mielies plant, neem die oppervlakte onder borseltjiegras in verhouding toe en brei hy sy veestapel met natuurlike aanwas uit. Hy koop nie beeste by nie. Die gras kry net 'n bietjie kunsmis; gevolglik is die gras se produksiekoste laag.

Omdat die lande herstel, is Bothma se produksiekoste vir die mielies en sonneblomme daarna laer as voor die grasrusoes. Hy glo ook nie aan 'n hoë plantestand nie. "Maksimum wins is nie noodwendig maksimum produksie nie," sê hy. Daarom streef hy 'n plantestand van net 12 000 per hektaar na.

Die plante is ver uit mekaar, kry baie sonlig en ding nie met mekaar mee vir vog, plantvoedsel en groeispasie nie. Dit is ook makliker om die grond tussen die rye los te maak en onkruid te bestry. Alles kos hom dus goedkoper, met ander woorde saad, kunsmis en bewerking.

Omdat hy net vir sy omgewing se gemiddelde opbrengs bemes, is sy produksiekoste binne perke. Tog behaal hy steeds goeie oeste en maak die maksimum wins. "Geld in my gatsak met sulke oeste is belangriker as om by my bure oor rekordoeste te spog," verduidelik hy. Die oeste was oor die jare heen ook baie stabiel weens die laer risiko wat die lae plantestand en wye rye bied.

As hy byvoorbeeld vir 5 t/ha sou bemes, en dit reën nie, verloor hy baie geld weens die hoë produksiekoste wat daardie opbrengsmikpunt verg. As hy, aan die ander kant, vir net 2 t/ha bemes, is die verlies in die geval van 'n misoes nie so groot nie. Bemesting vir 2 t/ha kan egter in 'n goeie produksiejaar meer as 2 ton oplewer, wat dan 'n groter wins vir die boer beteken.

Dan moet hy net onthou om die volgende jaar effens meer te bemes om te vergoed vir die groter hoeveelheid plantvoedingstowwe wat die oes uit die grond gehaal het as wat hy diejaar toegedien het.

11 Maart 2005

0
 
 
  • 1547 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Mielie-winste weer onder die loep
  • Waarde van rysgras (2)
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction