|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
As mieliestreepsiekte binne die eerste ses weke ná opkoms goed bestry word, sal dit opbrengsverliese in toom hou. Die siekte het die afgelope seisoen wyd voorgekom en boere wat vanjaar mielies gaan plant, moet hul oë daarvoor oophou.
Mieliestreepsiekte word deur die mieliestreepvirus veroorsaak wat deur die bladspringer (Cicadulina mbila) oorgedra word.
Die bladspringer voed en oorleef op verskeie grassoorte wat deur die virus besmet is en versprei die siekte na onbesmette plante waarop dit dan voed. Die grassoorte is onder meer koring, gars, hawer, rog en sorghum.
In intensiewe besproeiingsgebiede migreer die bladspringers vanaf grasse, soos koring wat besig is om ryp te word, na jonger gewasse, soos jong mielies. Dit veroorsaak dat die bladspringerbevolking hoë vlakke bereik, met die gevolg dat die siekte moeilik bestry kan word.
Mieliestreepsiekte begin as sferiese geel letsels wat drie tot ses dae ná besmetting te voorskyn kom. Dit ontwikkel daarna die kenmerkende geel strepe. Hierdie besmetting beweeg slegs opwaarts in die plant. Hoe vroeër besmetting plaasvind, hoe groter is die opbrengsverliese.
Besmetting ná die pluimstadium het min uitwerking op die opbrengs en daarom is dit belangrik om die plant in die vroeë ontwikkelingstadium te beskerm.
Drie dinge moet teenwoordig wees om mieliestreepsiekte te laat ontwikkel: 'n Vatbare mielie, gunstige omgewing en die mieliestreepvirus en bladspringer. Om 'n behoorlike strategie te ontwikkel, behoort hierdie elemente almal bestuur te word. Dit kan soos volg gedoen word:
Volgens navorsing is dit uiters belangrik om binne die eerste ses weke nadat die mielies opgekom het met stappe te begin om 'n verlies aan opbrengs so klein moontlik te hou.
14 Oktober 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24