Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Akkerbou / Ander / Nuwe-gevaarliker-koringluis

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Nuwe, gevaarliker koringluis

 
VICKI TOLMAY, ROBBIE LINDEQUE en GODDY PRINSLOO

Die ontdekking van 'n nuwe Russiese koringluis in die Oos-Vrystaat het opspraak onder koringboere gewek. Hoewel 'n saadmaatskappy reeds nuwe kultivars geteel het wat hierdie bedreiging se vlerke knip, moet boere in die komende produksiejaar voorsorg daarteen tref.

Sommige Russiese koringluise wat in die 2005-produksiejaar in die Oos-Vrystaat aangetref is, is skadeliker as diewat vroeër algemeen voorgekom het, het glashuisproewe deur die Landbounavorsingsraad (LNR) se Instituut vir Kleingraangewasse (KGI) op Bethlehem bevestig.

Proewe is in die saailingstadium met 24 verskillende koringlyne en luisbevolkings van drie verskillende herkomste uitgevoer. Ál die aanbevole kultivars wat as weerstandig in die 2005/06-produksiejaar bemark is, is ingesluit. Die weerstand van BettaDn, Caledon, Elands, Gariep, Komati, Limpopo, PAN 3235, PAN 3364, SST 322, SST 334, SST 399, SST 935 en SST 966 is deur een van die nuut versamelde bevolkings van die Russiese koringluis te bowe gekom.

Hoewel hierdie kultivars nie heeltemal so erg beskadig is soos die vatbare kontrole wat in die eksperiment gebruik is nie, blyk dit hul weerstand sal nie voldoende wees om beskerming teen die "nuwe" luis te bied nie. Die kultivars het egter almal voldoende weerstand getoon teen die oorspronklike Russiese koringluis wat as RWASA1 bekend staan.

Hierdie data verklaar en staaf waarnemings in veldtoestande dat weerstandige kultivars in 2005 nie in alle gevalle voldoende weerstand gebied het nie.

Dit is nie moontlik om die nuwe luis met die blote oog van die oue te onderskei nie. Die presiese verspreiding van die skadeliker Russiese koringluis in die koringproduserende gebiede is in hierdie stadium nog nie bekend nie, hoewel aanmeldings van probleme in die 2005-produksiejaar merendeels uit die Oos-Vrystaat gekom het.

Op grond van die beskikbare inligting is dit ook nie moontlik om die verspreiding van die nuwe koringluis in die komende produksiejaar te voorspel nie. Dit kan moontlik weer in die Oos-Vrystaat voorkom en dalk selfs na dele van die Sentraal-Vrystaat versprei. Daar is ook 'n kans dat dit nie weer op groot skaal sal voorkom nie.

Die omgewing speel beslis 'n rol in die bevolkingsgetalle. Plante wat deur droogte gestrem word, is baie vatbaar vir die luise. Dit is hoekom die plaag nie by besproeiingskoring voorkom nie.

Boere word versoek om sover moontlik te verseker dat die "groen brug" van opslagkoring en Bromusgras waarop luise van een produksiejaar na die volgende oorleef, beheer word. Hulle moet steeds die beskikbare weerstandige kultivars plant, maar ook hul lande gereeld inspekteer en daarop bedag wees dat chemiese bestrydingsmaatreëls nodig kan wees.

Die mate van besmetting kan bepaal word deur een plant elke 50 m tot 100 m uit mekaar vir koringluise te ondersoek. Herhaal hierdie prosedure minstens 10 keer. Dit is die beste om deur die hele land te stap sodat die tellings verteenwoordigend van die luisbesmetting in die hele land kan wees.

As daar twee besmette plante uit twintig plante is, dui dit op besmetting van 10 %. As die opbrengsverwagting van die land 1 ton/ha tot 1,5 ton/ha is, sal 'n besmetting van 10 % nie 'n noemenswaardige ekonomiese nadeel vir die boer inhou nie, maar as die oespotensiaal 2 ton/ha tot 2,5 ton/ha of meer is, kan 'n besmetting van 10 % 'n geldelike verlies veroorsaak.

As 'n algemene reël kan die boer aanvaar dat 'n chemiese bespuiting die moeite werd kan wees as die besmetting:

  • 7 % of meer is in 'n land met 'n oespotensiaal van 2 ton/ha tot 2,5 ton/ha.
  • 10 % of meer is in 'n land waarvan die oespotensiaal 1,5 ton/ha tot 2 ton/ha is.
  • 14 % of meer is in 'n land met 'n oespotensiaal van 1 ton/ha tot 1,5 ton/ha.

    Dit is die beste om eers 'n deskundige van die LNR of 'n saadmaatskappy vir raad te nader.

    Navorsers by die KGI is tans besig om die nuwe Russiese koringluis se biotipe-status te ondersoek. Hierdie proses sluit in molekulêre ontledings en die karakterisering van die weerstandsreaksie op 'n internasionale standaardstel weerstandskiemplasma. Dit kan etlike maande duur.

    Me. Vicki Tolmay (tel. 058 307 3433), mnr. Robbie Lindeque (tel. 058 307 3439) en mnr. Goddy Prinsloo (tel. 058 307 3435) is almal verbonde aan die KGI op Bethlehem.

    Saadbehandeling kan wins verhoog

    Deur CHARL VAN ROOYEN (cvanrooy@landbou.com)

    Die bestryding van die Russiese koringluis berus grootliks op die plant van kultivars met weerstand, maar soms is dit nodig om bykomende maat-reëls te tref. Dit kan nou die moeite werd wees omdat 'n nuwe Russiese koringluis sy verskyning in die Oos-Vrystaat gemaak het wat volgens aanvanklike toetse groter skade kan aanrig as die soort wat boere al die afgelope dekades teister.

    Die Landbounavorsingsraad (LNR) se Instituut vir Kleingraangewasse (KGI) op Bethlehem het berekenings met ses jaar se proefdata gedoen om te probeer vasstel hoe waarskynlik dit is dat chemiese bestryding op weerstandige kultivars lonend sal wees. Volgens die inligting op die LNR se webwerf (www.arc.agric.za) is die Russiese koringluis die ernstigste plaag in die koringbedryf. Nuwe kultivars met weerstand word voortdurend ontwikkel en getoets.

    Veldproewe is van 1997 tot 2002 met verskeie weerstandige kultivars gedoen, met Betta as die vatbare kontrole. Die proewe is by Bethlehem, Hennenman en Thaba Nchu gedoen. Opbrengs, hektolitergewig, duisendkorrelgewig en proteïen-inhoud is gemeet om die gehalte van die oes ná elke soort behandeling te bepaal. Die behandelings was:

  • Weerstandige kultivar met saadbehandeling.
  • Weerstandige kultivar met blaarbespuiting.
  • Weerstandige kultivar met saadbehandeling én blaarbespuiting.

    Hierdie data is toe gebruik om elke behandeling se ekonomiese voordeel te bepaal en dit met die ekonomiese voordeel van die onbehandelde proewe (geen saadbehandeling en geen blaarbespuiting) te vergelyk.

    Die gevolgtrekking is dat 'n koringboer 'n wins sal maak as hy kultivars met weerstand plant sonder om enige bykomende chemiese bestryding teen die Russiese koringluis toe te pas.

    Die tabel verskaf 'n aanduiding van die kans (%) wat die boer het om met die verskillende behandelings 'n wins of verlies te maak. Dit word ook in geldelike wins of verlies (R/ha) uitgedruk. Hoewel hierdie bedrae op 2001/02 se produksiekoste gegrond is, bly die persentasies dieselfde en kan boere dit gebruik om hul kans op 'n wins of verlies aan die hand van die huidige produksiekoste te bereken.

    Daarvolgens het 'n boer 'n kans van 58 % om sy wins te vergroot as hy 'n kultivar met weerstand 'n saadbehandeling gee. As hy 'n blaarbespuiting doen, is daar net 'n 38,5 % kans om sy wins te vergroot. Hy het ook net 'n 42 % kans om sy wins te vergroot as hy 'n saadbehandeling sowel as 'n blaarbespuiting doen. Die kans om wins te verhoog, word beïnvloed deur faktore soos die spesifieke jaar, weerstoestande, die opbrengspotensiaal van die bepaalde land en die aanvanklike luisbevolking in die omgewing.

    Dit is dus duidelik dat die boer 'n groter kans het om wins te maak deur kultivars met weerstand eers 'n saadbehandeling te gee voordat dit geplant word, eerder as om 'n blaarbespuiting of albei behandelings te doen.

    Me. Vicki Tolmay, die KGI se programbestuurder vir gewasbeskerming, sê hierdie inligting is ingesamel voordat die skadeliker soort Russiese koringluis te voorskyn gekom het.

    In die heersende omstandighede word boere aangeraai om steeds weerstandige kultivars te plant en daarop bedag te wees om chemiese bestryding toe te pas as dit nodig sou wees. Vroeër aanplantings behoort minder aan luisbesmetting blootgestel te wees, maar boere moet die situasie in die komende produksiejaar goed dophou en gereeld hul landerye inspekteer.

    "Wees versigtig met chemiese bestryding en oorweeg dit slegs as die situasie dit regverdig. Onnodige voorkomende bespuitings beskadig die bevolkings van natuurlike vyande in die omgewing en kan die toestand verder vererger," sê sy.

    Kultivars met weerstand gou hier

    Deur WILLEM BOSHOFF en FRANCOIS DU TOIT

    Die identifisering van 'n nuwe biotipe van die Russiese koringluis in die 2005/06-produksiejaar in die Oos-Vrystaat deur navorsers van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Kleingraangewasse kan verreikende gevolge vir koringverbouing in veral hierdie gebied inhou. Diebiotipe van die luis het ook weerstandige kultivars wat die afgelope dekade in die land gebruik is, geraak.

    Produsente in hierdie belangrike koringverbouingsgebied is die afgelope paar produksiejare onder druk geplaas weens hoër wintertemperature en gepaardgaande droogtes asook die voorkoms van streep-roes op eens weerstandige kultivars.

    Die goeie nuus is dat dr. Francois du Toit, toe verbonde aan Pannar Saad, reeds in die middel 1990's aan alternatiewe weerstandsbronne teen Russiese koringluis begin werk het. Pannar het tans gevorderde materiaal met verskillende bronne van weerstand wat doeltreffend teen sowel die ou as die nuwe biotipe is. Die kultivar PAN 3144 bied weerstand teen albei biotipes en saad behoort reeds teen die 2008-produksiejaar kommersieel beskikbaar te wees. Benewens PAN 3144 is vyf tweedejaar-elitelyne met weerstand teen albei biotipes vir voorlopige klassifikasie aangebied.

    Hierdie lyne is almal wyd aanpasbaar en het 'n hoë opbrengspotensiaal en weerstand teen die meeste van die heersende roesrasse. Die dringendheid van die situa-sie en die tekort aan koringkultivars met voldoende weerstand teen die nuwe biotipe van die Russiese koringluis behoort ondersteunend te wees tot die klassifikasie van hierdie lyne.

    Boere moet daarop let dat Pannar se koringkultivars PAN 3364, PAN 3235, Caledon en Gariep weerstand bied teen die ou biotipe van die Russiese koringluis, maar vatbaar is vir die nuwe biotipe. Na aanleiding van navrae in hierdie produksiejaar oor die voorkoms van die Russiese koringluis by voorheen weerstandige koringkultivars, is dit waarskynlik dat die nuwe biotipe reeds oor 'n wye gebied kan voorkom en dat boere in die komende produksiejaar meer probleme by hierdie kultivars kan verwag.

    Voorkomende maatreëls, soos die gebruik van saadbehandeling, kan dus vir boere 'n belangrike oorweging wees.

    Mnr. Willem Boshof is 'n koringteler van Pannar en dr. Francois du Toit is 'n afgetrede koringteler van diemaatskappy. Hulle verleen erkenning aan me. Vicki Tolmay van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Kleingraangewasse vir die verskaffing van Russiese luise van die nuwe biotipe aan Pannar.

    3 Maart 2006

  • 0
     
     
    • 1348 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Grond: Onteiening dalk oorweeg
    • Top-amptenare uit Parlement gejaag

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Onsekerheid kenmerk opening van nuwe wolseisoen
    • 'Onkunde gaan Afrika kos'
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction