|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Boere het betroubare inligting oor die prestasie van
mielies nodig wanneer hulle saad bestel. Daarom evalueer die Instituut vir
Graangewasse met die samewerking van die saadbedryf en landboubesighede elke
jaar talle kultivars om boere te help om die regtes te kies.
Geen twee kultivars is eenders nie en elkeen het 'n eiesoortige aanpasbaarheid en opbrengspotensiaal. Hierdie eiesoortigheid stel elke boer in staat om diekultivars te plant wat die beste in sy streek aangepas is.
'n Boer behoort egter nie net een kultivar te kies wat die beste vir sy toestande is nie, maar behoort 'n aantal - met verskillende groeiseisoenlengte en ander eienskappe - te plant om sy risiko te verminder.
Nog raad van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG) is die volgende: Moenie 'n staatmaker-kultivar binne een seisoen met 'n nuwe of onbekende kultivar vervang nie. Kultivars moet by 'n spesifieke opbrengspotensiaal aangepas wees, maar ook in staat wees om toestande vir 'n hoër potensiaal te benut en 'n aanvaarbare opbrengs in laerpotensiaaltoe-stande te lewer. Hier speel kultivars met 'n wye aanpassingsvermoë 'n belangrike rol.
Kultivarkeuse behoort jaarliks hersien te word. Dit kan gedoen word aan die hand van die Mielie-inligtinggids (MIG), wat elke jaar aanbevelings vir geel en wit mielies vir droëland en besproeiing bevat na aanleiding van die nasionale kultivarproewe wat die LNR, landboubesighede en saadmaatskappye doen.
Hierdie artikel bevat die belangrikste aanbevelings uit MIG 2003. Volgens die LNR is die proewe sover moontlik in streke verdeel. Inligting wat oor kultivars verskaf word, is meestal oor die afgelope drie jaar ingesamel. Die artikel verskaf ook inligting oor nuwer kultivars wat nog net vir 'n jaar of twee geëvalueer is. Aanbevelings is afsonderlik vir droëland en die besproeiingsgebiede.
Om voldoende betroubare inligting vir droëland te verskaf, is van die koöperatiewe gebiede saamgevoeg. Proewe van NTK Beperk, NWK Beperk en Suidwes Landbou (Edms.) Beperk is saamgevoeg. Geen inligting was vir die bedieningsgebiede van Vrystaat Koöperasie Beperk, OTK Beperk (Vrystaat) en Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Beperk beskikbaar nie. Voldoende proewe is in Senwes Beperk, OTK Beperk (Mpumalanga) en Natalagri se bedieningsgebiede gedoen vir betroubare ontledings.
Die oessekerheidswaardes, 'n afleiding van inligting wat deur die regressiegrafiek van 'n kultivar in die tabelle uitgebeeld word, is 'n waardevolle hulpmiddel by kultivarbeplanning.
By die berekening van oessekerheidswaardes (opbrengs)
word die opbrengsgeneigdheid, gemiddelde opbrengs en stabiliteit in ag geneem.
Prosedure
Die prosedure wat die boer moet volg om die beste
kultivars vir sy gebied en toestande te selekteer, is as volg:
Die opgesomde uitslae van die nasionale kultivarproewe verskyn ook in die tabelle.
Onder die geel basters het Pannar se geel kultivars
(tabel 1) soos vorige jare baie goed in die
westelike produksiegebied gevaar, met Monsanto se Carnia- en Sensako-kultivars
kort op hul hakke. PAN 6146 het die beste gemiddelde opbrengs van 4,66 t/ha
behaal in Suidwes Landbou, NWK en NTK se produksiegebiede (hy het verlede jaar
óók die hoogste opbrengs gehad). Vanjaar is hy gevolg deur sy stalmaat PAN 6734
(4,65 t/ha) en een van Monsanto se kultivars,
CRN 3760 (4,59 t/ha). Laasgenoemde was verlede jaar ook onder die top-presteerders.
|
face=Arial size=2>TABEL 1: Die beste geelmieliekultivars vir |
|||||||
|
face=Arial size=2>Kultivar |
face=Arial size=2>Opbrengspotensiaal |
face=Arial size=2> |
face=Arial size=2> |
face=Arial size=2> |
|||
|
face=Arial size=2> |
face=Arial size=2>2 |
face=Arial size=2>3 |
face=Arial size=2>4 |
face=Arial size=2>5 |
face=Arial size=2> |
||
|
face=Arial size=2>Suidwes Landbou, NWK en NTK |
|||||||
| CRN 3760 |
1,64 |
2,64 |
3,64 |
4,63 |
4,59 |
1,06 |
0,1577 |
|
PAN 6146 |
1,45 |
2,57 |
3,70 |
4,83 |
4,66 |
1,13 |
0,1317 |
|
PAN 6256 |
1,43 |
2,47 |
3,51 |
4,55 |
4,55 |
1,04 |
0,1990 |
|
PAN 6568 |
1,65 |
2,53 |
3,42 |
4,30 |
4,51 |
0,62 |
0,2850 |
|
PAN 6734 |
1,72 |
2,70 |
3,67 |
4,65 |
4,65 |
0,98 |
0,1738 |
|
SNK 2682 |
1,04 |
2,21 |
3,38 |
4,56 |
4,53 |
1,17 |
0,2359 |
|
face=Arial size=2>Senwes |
|||||||
|
CRN 3760 |
0,71 |
1,95 |
3,19 |
4,43 |
4,85 |
1,24 |
0,3968 |
|
PAN 6146 |
1,73 |
2,77 |
3,82 |
4,87 |
5,06 |
1,05 |
0,1650 |
|
PAN 6256 |
1,19 |
2,34 |
3,50 |
4,66 |
4,79 |
1,16 |
0,1494 |
|
PAN 6568 |
1,53 |
2,49 |
3,44 |
4,39 |
4,61 |
0,95 |
0,1583 |
|
PAN 6734 |
1,83 |
2,96 |
4,09 |
5,21 |
5,20 |
1,13 |
0,0815 |
|
SNK 2472 |
1,32 |
2,44 |
3,57 |
4,69 |
4,90 |
1,13 |
0,1864 |
|
face=Arial size=2>Afgri |
|||||||
|
CRN 3604 |
1,33 |
2,37 |
3,40 |
4,43 |
6,58 |
1,03 |
0,2947 |
|
CRN 3760 |
0,19 |
1,51 |
2,83 |
4,15 |
6,59 |
1,32 |
0,2302 |
|
PAN 6568 |
0,89 |
2,06 |
3,22 |
4,38 |
6,70 |
1,16 |
0,2908 |
|
Phb 30H22 |
0,86 |
2,13 |
3,39 |
4,66 |
6,99 |
1,26 |
0,2064 |
|
Phb 3442 |
1,75 |
2,64 |
3,53 |
4,42 |
6,56 |
0,89 |
0,4576 |
|
SNK 2972 |
1,60 |
2,62 |
3,64 |
4,65 |
6,64 |
1,02 |
0,1952 |
|
face=Arial size=2>Natalagri |
|||||||
| CRN 3760 |
2,62 |
3,34 |
4,05 |
4,77 |
7,42 |
0,71 |
0,5221 |
|
PAN 6480 |
0,91 |
1,95 |
2,99 |
4,04 |
7,27 |
1,04 |
0,3637 |
|
PAN 6568 |
0,80 |
1,99 |
3,19 |
4,39 |
8,10 |
1,20 |
0,4640 |
|
SNK 2472 |
0,69 |
1,80 |
2,90 |
4,01 |
7,37 |
1,11 |
0,3504 |
|
SNK 2778 |
1,62 |
2,54 |
3,47 |
4,39 |
7,50 |
0,92 |
0,5025 |
|
SNK 2972 |
0,79 |
1,96 |
3,12 |
4,29 |
7,63 |
1,17 |
size=2>0,2301 |
In Senwes se gebied het PAN 6734 die bordjies met 'n gemiddelde opbrengs van 5,20 t/ha verhang, PAN 6146 (verlede jaar se top-presteerder) was met 5,06 t/ha tweede en SNK 2472 (4,90 t/ha) derde. Albei Monsanto-kultivars het verlede jaar ook blink vertonings gelewer.
In die bedieningsgebiede van Afgri en Natalagri het 'n Pioneer-kultivar hom tussen die beste presteerders ingewikkel. Phb 30H22 was met 6,99 t/ha die beste presteerder in Afgri se gebied, gevolg deur PAN 6568 (6,70 t/ha), wat ook in die westelike gebied onder die ses beste kultivars was, en SNK 2972 (6,64 t/ha).
Pannar het die septer in die Natalagri-gebied geswaai - weer met PAN 6568, diekeer met 'n hoë gemiddelde opbrengs van 8,10 t/ha. SNK 2972 was weer onder die beste drie kultivars met 7,63 t/ha, terwyl SNK 2778 met 7,50 t/ha die derde plek gevul het.
Onder die wit basters (tabel 2
) troon CRN 3549 uit. Diekultivar was eerste in Suidwes Landbou/NWK/NTK se proewe (4,84 t/ha) én by Afgri (6,95 t/ha), tweede in die Senwes-gebied en onder die beste ses kultivars in Natalagri se area. Verlede jaar het diekultivar die hoogste gemiddelde opbrengs in Suidwes Landbou/NWK/NTK, Senwes en Afgri se gebiede behaal. By Suidwes Landbou/NWK/NTK was PAN 6043 (4,58 t/ha) vanjaar tweede en PAN 6633 (4,57 t/ha) derde.
By Senwes het PAN 6335, 'n top-presteerder in die vorige
nasionale proewe, die botoon met 5,04 t/ha gevoer. Twee Pannar-kultivars, PAN
6615 en PAN 6633 was saam derde.
|
face=Arial size=2>TABEL 2: Die beste witmieliekultivars vir |
|||||||
|
face=Arial size=2>Kultivar |
face=Arial size=2>Opbrengspotensiaal |
face=Arial size=2> |
face=Arial size=2> |
face=Arial size=2> |
|||
|
face=Arial size=2> |
face=Arial size=2>2 |
face=Arial size=2>3 |
face=Arial size=2>4 |
face=Arial size=2>5 |
face=Arial size=2> |
||
|
face=Arial size=2>Suidwes Landbou, NWK en NTK |
|||||||
| CRN 3549 |
1,77 |
2,84 |
3,90 |
4,97 |
4,84 |
1,07 |
0,1321 |
|
PAN 6043 |
0,94 |
2,16 |
3,38 |
4,60 |
4,58 |
1,22 |
0,2589 |
|
PAN 6243 |
1,17 |
2,31 |
3,44 |
4,58 |
4,54 |
1,14 |
0,2108 |
|
PAN 6573 |
1,41 |
2,46 |
3,52 |
4,58 |
4,56 |
1,06 |
0,1957 |
|
PAN 6633 |
1,52 |
2,58 |
3,63 |
4,69 |
4,57 |
1,05 |
0,1333 |
|
SNK 2969 |
1,76 |
2,75 |
2,74 |
4,93 |
4,50 |
0,99 |
0,0666 |
|
size=2>Senwes |
|||||||
| CRN 3549 |
1,46 |
2,55 |
3,63 |
4,71 |
4,95 |
1,08 |
0,1981 |
|
PAN 6335 |
0,96 |
2,22 |
3,48 |
4,75 |
5,04 |
1,26 |
0,2765 |
|
PAN 6573 |
1,17 |
2,28 |
3,39 |
4,49 |
4,58 |
1,11 |
0,1215 |
|
PAN 6615 |
1,40 |
2,43 |
3,46 |
4,46 |
4,75 |
1,03 |
0,1977 |
|
PAN 6633 |
1,46 |
2,41 |
3,37 |
4,32 |
4,75 |
0,95 |
0,2964 |
|
SNK 2969 |
1,47 |
2,43 |
3,39 |
4,35 |
4,60 |
0,96 |
0,1734 |
|
size=2>Afgri |
|||||||
|
CRN 3549 |
1,59 |
2,62 |
3,65 |
4,67 |
6,95 |
1,03 |
0,4076 |
|
PAN 6573 |
1,46 |
2,35 |
3,24 |
4,14 |
6,35 |
0,89 |
0,5249 |
|
PAN 6615 |
1,60 |
2,40 |
3,20 |
4,00 |
6,10 |
0,80 |
0,5351 |
|
PAN 6777 |
0,61 |
1,62 |
2,64 |
3,65 |
6,18 |
1,01 |
0,6905 |
|
Phb 3203W |
2,19 |
2,96 |
3,74 |
4,51 |
6,44 |
0,77 |
0,4137 |
|
SNK 2969 |
0,65 |
1,69 |
2,72 |
3,76 |
6,16 |
1,04 |
0,5187 |
|
size=2>Natalagri |
|||||||
|
CRN 3549 |
0,30 |
1,39 |
2,47 |
3,55 |
7,28 |
1,08 |
0,7791 |
|
PAN 6243 |
-0,40* |
0,90 |
2,19 |
3,48 |
7,61 |
1,29 |
0,6989 |
|
PAN 6479 |
1,31 |
2,31 |
3,31 |
4,31 |
7,34 |
1,00 |
0,2728 |
|
PAN 6573 |
0,10 |
1,22 |
2,34 |
3,46 |
7,56 |
1,12 |
1,1909 |
|
PAN 6777 |
-1,29* |
0,13 |
1,56 |
2,98 |
8,03 |
1,42 |
1,6268 |
|
Phb 3203W |
1,66 |
2,45 |
3,25 |
4,05 |
7,18 |
0,80 |
0,8714 |
| * Wiskundige berekenings |
|||||||
Afgri-gebied
In die Afgri-gebied
was Phb 3203W (6,44 t/ha) tweede ná die top-presteerder van Monsanto, gevolg
deur PAN 6573 (altesame 6,35 t/ha).
In Natalagri se gebied het Pannar-basters geseëvier, naamlik PAN 6777 (8,03 t/ha), PAN 6243 (7,61 t/ha) en PAN 6573 (altesame 7,56 t/ha).
Boere plant deesdae hoofsaaklik vinnige groeiers onder besproeiing, veral as koring in die wisselboustelsel ingesluit is. Dit is omdat diemielies só vroeg oesgereed is dat koring daarna geplant kan word. Medium-groeiers is ook in aanvraag, selfs al gebruik die boere dit as enkelgewas (een oes per jaar).
By die kultivars wat onder besproeiing (tabel
3
) geëvalueer is, duik dieselfde basters wat op droëland uitgeblink het, weer op. Onder die geel kultivars het CRN 3760 'n mooi 10,07 t/ha opgelewer, gevolg deur Phb 30H22 (9,99 t/ha) en PAN 6146 (9,71 t/ha).
|
TABEL 3: Die beste |
||||||
|
size=2>Kultivar |
Opbrengspotensiaal |
Gem. opbrengs |
Helling van |
D-waarde |
||
|
size=2> |
8 |
9 |
10 |
size=2> |
||
|
Geel |
||||||
| CRN 3604 |
7,10 |
8,07 |
9,04 |
9,54 |
0,97 |
0,7164 |
|
CRN 3760 |
7,97 |
9,02 |
10,07 |
10,07 |
1,05 |
0,3033 |
|
PAN 6146 |
7,43 |
8,54 |
9,64 |
9,71 |
1,10 |
0,3899 |
|
PAN 6568 |
7,24 |
8,33 |
9,42 |
9,67 |
1,09 |
0,5429 |
|
Phb 30H22 |
7,48 |
8,58 |
9,67 |
9,99 |
1,09 |
0,6223 |
|
SNK 2778 |
7,58 |
8,49 |
9,40 |
9,66 |
0,91 |
0,4236 |
|
Wit |
||||||
| CRN 3549 |
7,22 |
8,32 |
9,42 |
9,36 |
1,10 |
0,2901 |
|
PAN 6479 |
7,21 |
8,16 |
9,11 |
9,25 |
0,95 |
0,3476 |
|
PAN 6615 |
5,75 |
6,86 |
7,96 |
8,89 |
1,11 |
1,4599 |
|
PAN 6777 |
6,48 |
7,34 |
8,21 |
9,00 |
0,86 |
0,9828 |
|
Phb 3203W |
5,94 |
7,06 |
8,19 |
9,25 |
1,12 |
1,7160 |
|
SNK 2969 |
6,42 |
7,57 |
8,72 |
8,98 |
1,15 |
size=2>0,6045 |
Die beste wit kultivars was CRN 3549 (9,36 t/ha), PAN 6479 en Phb 3203W (albei 9,25 t/ha) en PAN 6777 (9,00 t/ha).
Die basters met 'n kort groeiseisoen (vinnige groeiers)
word apart getoets (tabel 4). Phb 3203W se
naam is weer daar as die top-presteerder, terwyl drie van sy stalmaats ook goed
gevaar het. Die ander basters met groot potensiaal is DK 618, PAN 6804 en
Advanta se Woodriver.
|
TABEL 4: Mielies met 'n |
|||||||||
|
size=2>Kultivar |
Opbrengspotensiaal |
Gem. opbrengs |
Helling van |
D-waarde |
|||||
|
size=2> |
5 |
6 |
7 |
8 |
9 |
10 |
size=2> | ||
| DK 618 |
4,67 |
5,75 |
6,77 |
7,74 |
8,69 |
9,61 |
6,30 |
1,04 |
0,6189 |
|
PAN 6804 |
4,92 |
5,98 |
6,98 |
7,94 |
8,88 |
9,79 |
6,50 |
1,02 |
0,5055 |
|
Phb 31B13 |
3,88 |
4,81 |
5,63 |
6,36 |
7,04 |
7,69 |
5,59 |
0,85 |
1,9790 |
|
Phb 3203W |
5,18 |
6,21 |
7,19 |
8,13 |
9,04 |
9,93 |
6,72 |
1,00 |
0,4801 |
|
Phb 3394 |
4,51 |
5,48 |
6,40 |
7,27 |
8,12 |
8,95 |
5,97 |
0,93 |
0,4833 |
|
Phb 33A14 |
4,91 |
5,91 |
6,86 |
7,77 |
8,64 |
9,50 |
6,43 |
0,97 |
0,5425 |
|
Woodriver |
4,17 |
5,32 |
6,44 |
7,51 |
8,55 |
9,58 |
5,84 |
1,13 |
size=2>0,4328 |
Die saadmaatskappye kan kultivaraanbevelings verder vir die boere verfyn en behoort geraadpleeg te word.
Die MIG 2003
bevat ook meer inligting van talle ander kultivars wat oorweeg kan word. Die publikasie kan bestel word by me. ElsabeSteyn, Private sak X1251, Potchefstroom 2520; e-pos: elsabe@igg1.agric.za en tel. 018 299 6204;
Navrae: Mnre. Jean du Plessis, Private sak
X1251, Potchefstroom 2520; tel. 018 299 6261; e-pos jean@igg2.agric.za; en Dirk
Bruwer, tel. 018 299 6268.
Nuwe basters ook getoets
'n Klompie opwindende nuwe basters se proefresultate is ook beskikbaar. Dit is kultivars wat nog net vir een of twee jaar beproef is. 'n Paar name toon mooi beloftes en boere kan hulle gerus in die toekoms dophou, veral CRN 3505, PAN 6844 en DK 2551.
Die uitblinkers in die verskillende
evalueringsgebiede is:
4 Julie 2003
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24