Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Akkerbou / Ander / Promosie-artikel-sonneblom-aanbevelings

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Promosie-artikel: Sonneblom-aanbevelings

 
Een van die sonneblomme wat hier beskryf word.
Een van die sonneblomme wat hier beskryf word.

Vir elke produksiegebied bied Pannar aan die saaiboer 'n gedugte sonneblompakket van wëreldgehalte en daarby ook die gerief van volledige pakket van somer- en wintergewasse. Pannar se wye bemarkingsnetwerk maak dit vir die boer gerieflik om inligting op die plaas te kan bekom. Danksy Pannar se uitgebreide navorsing stel hy jaarliks nuwe, beter aangepaste kultivars vir die kliënt vry. Dit beteken kultivars met verbeterde opbrengste en agronomiese eienskappe asook beter siekteweerstand.

Rooiroes (Puccinia helianthi), algemeen bekend as sonneblomroes, kom wyd by sonneblomaanplantings voor. Swaar besmettings daarvan verlaag die saadopbrengs en beïnvloed ook die olie-inhoud nadelig. Die eerste waarneming van sonneblomroes is gewoonlik rooibruin roespuisies aan die onderkant van die blare.

Later in die seisoen, wanneer bemettingsin 'n oorlewingsvorm oorgaan, is dieroes-puisies meer opmerklik en donkerbruin tot swart van kleur. Wanneer toestande vir siektes gunstig is, kom dit oor die hele blaaroppervlak voor en kan dit daartoe lei dat die plante baie vinniger stroopgereed raak met 'n groot afname in saadopbrengs.

Weens die dinamiese aard van die roesswam kan nuwe roesrasse voortdurend vorm. Dit lei daartoe dat bestaande weerstand by 'n kultivar binne enkele seisoene oorkom kan word.

So 'n rasverandering het drie seisoene gelede in Suid-Afrika plaasgevind en tot groot oesverliese gelei. Dus is dit uiters belangrik dat roesrasse en basters se vatbaarheid vir roes deurgaans gemonitor word. Al Pannar se basters is reeds vir weerstand teen heersende roesrasse geselekteer.

Pannar se aanbevelings vir sonneblomproduksie is op 'n kernpakket vir elke sonneblomproduksiegebied geskoei. Bestaande basters, sowel as nuwes wat die lig gesien het, word hier bespreek.

Die besluit oor basters word met die nodige omsigtigheid benader. Vir die boer is dit belangrik om nie al sy eiers in een mandjie te pak wat basterkeuse betref nie. Besluit eerder op meer as een baster, verkieslik drie tot vier, maar bou die pakket rondom 'n leierbaster. Dit is een van die doeltreffendste maniere om risiko met sonneblomproduksie te versprei.

Pannar het sy sonneblompakket met uitstekende nuwe basters aangevul, naamlik met PAN 7036, PAN 7034, PAN 7031,PAN 7048, PAN 7043, PAN 7049 enPAN 7050. Die nuwe toevoegings komplementeer die bestaande pakket en is geskoei op genetika van wêreldgehalte wat uitstekend vir plaaslike toestande aangepas is.

PAN 7033, 'n drierigtingkruising en die nasionale wenner. Hierdie baster het hom vinnig as die leierbaster in Suid-Afrika gevestig. In 2005/'06 het dit die LNR se nasionale proewe gewen deur met 'n opbrengs van 16,7 % bo die gemiddelde te eindig. PAN 7033 het hierdie prestasie in Pannar se nasionale proewe herhaal en met 'n opbrengs van 14,2 % bo die gemiddelde gewen. PAN 7033 is 'n volseisoenbaster, hetas bonus weerstand teen bruinroes en is beslis 'n kultivar wat as hoofbaster in 'n pakket aanbeveel word.

PAN 7036, 'n drierigtingkruising. Dit is baie soortgelyk aan PAN 7351, maar wat diebaster uniek maak, is sy weerstand teen donsige skimmel (Plasmopara halstedii). Donsige skimmel is 'n swam wat saailinge in nat, koel toestande kan besmet en tot groot oesverliese kan lei.

PAN 7034, 'n drierigtingkruising. Hierdie baster val in die klas met 'n medium-groeityd. Dit het 'n hoë olie-inhoud en 'n goeie opbrengspotensiaal. PAN 7034 se graan is swart van kleur. Dit is 'n goeie stalmaat vir PAN 7351.

PAN 7031, 'n enkelkruising. PAN 7031 is veral vir sy hoë olie-inhoud bekend en is daarom 'n moet in 'n pakket waar produsente vir die olie-inhoud vergoed word. Die baster is besonder egalig en het 'n goeie staanvermoë. PAN 7031 val in die klas met 'n medium-groeityd en het ook swart graan.

PAN 7048, 'n drierigtingkruising. PAN 7048 is 'n volgroeiseisoenbaster wat weerstand toon teen die huidige rasse van bruinroes (Puccinia helianthi).

PAN 7043, 'n enkelkruising. Hierdie egalige baster (van die swartgraantipe) is dieeen wat by uitstek die hoogste olie-inhoud van die reeks het. 'n Olie-inhoud van 47,8 % is al aangeteken. PAN 7043 is daarom 'n moet indien die boer vir olie-inhoud vergoed word. Die baster val in die laat groeiklas en droog stadig af.

PAN 7049, 'n enkelkruising. PAN 7049 bied weerstand teen bruinroes. Diebaster val in die laat groeiklas en droog stadig af. PAN 7049 het puik gevaar in die Pannar se nasionale proewe.

PAN 7050, 'n enkelkruising. PAN 7050 is 'n baster wat weerstand teen bruinroes toon. Sy opbrengsprestasie en olie-inhoud is uitstekend. PAN 7050 is ook 'n korter planttipe en kan met vrymoedigheid in alle sonneblomproduksiestreke verbou word.

 

  • Navrae: Pannar se hoofkantoor, tel. 033 413 9500. E-pos: infoserve@pannar.co.za.

    Pieter Rademeyer, hooflandboukundige, sel 082 776 5583; e-pos: pieter.rademeyer@pannar.co.za.
    Navrae kan ook aan die volgende landboukundiges gerig word:
    Delmas: Ruaan Bosch, 082 322 5134
    Heidelberg: Jannie Blignaut, 083 659 5400
    Klerksdorp: Bennie Dunhin, 082 411 1349
    Kroonstad: AK Geldenhuys, 082 496 6058.

     

  • Meer inligting is by
0
 
 
  • 1851 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Vee-opleiding vir werkers
  • Veesiektes (1) Kennis kan verliese hokslaan
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction