Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Akkerbou / Ander / S

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

S

 
C.J. SWANEVELDER, A.P.J. DE BEER en D.B. VAN HEERD

Ou staatmakerkultivars word vir die komende seisoen deur die Landbounavorsingsraad by grondboonboere aanbeveel ná die nasionale kultivarproewe afgehandel is. Die resultate word in dieartikel bespreek.

Die grondbone in die proewe het vanjaar weer goed gepresteer, ondanks droogtes. Die gehalte was goed en die opbrengs verbasend hoog vir die seisoen. Nege inskrywings is op 14 plekke geplant en 17 suksesvolle proewe is geëvalueer. Van die nege kultivars is slegs saad van Akwa, Anel, Harts, Kwarts en Sellie beskikbaar. Jasper en Robbie is onttrek.

Die kultivar JL 24 is deur die Departement van Landbou in Mpumalanga vir kleinboere in die provinsie beskikbaar gestel en PC 523 K12 is 'n toetslyn waarvan geen saad beskikbaar is nie.

Nege van die 17 proewe was met bone op droëland en agt op besproeide lande. Die resultate verskyn in die tabelle, waar die saadopbrengs, prys per ton en bruto inkomste per hektaar as oessekerheid uitgedruk word. Die boer kan dus kies aan die hand van die opbrengspotensiaal wat op sy plaas van toepassing is. In die tabelle dui die sterretjies (*) aan watter kultivars betekenisvol beter as die ander gevaar het.

Oessekerheid beteken byvoorbeeld in die geval van Akwa (tabel 1) dat dit by 'n opbrengsverwagting (potensiaal) van 0,5 ton/ha in 95 uit 100 gevalle 'n minimum opbrengs van 0,08 ton/ha sal lewer.

Besonderhede oor ander aspekte, soos saadgrootte en gradering, is by die LNR op Potchefstroom beskikbaar.

Akwa en Anel is in laepotensiaaltoestande die betroubaarste kultivars, veral in droër gebiede waar reën 'n beperkende faktor is. In beter toestande, soos besproeiing of waar vog nie 'n probleem is nie, is Sellie, Akwa, Anel en Jasper die geskikste kultivars.

Dit is nou as swartpeulvrot nie 'n probleem is nie, in welke geval Kwarts of Harts 'n beter keuse sal wees. Waar peul-aalwurm voorkom (soos in die meeste gevalle), sal die keuse op Kwarts val.

Die prys per ton word deur die graad en gehalte bepaal. Die verwagte pryse van die verskillende kultivars in die tabel is verkry deur elke proefmonster volgens die standaardregulasies te gradeer en pryse wat vanjaar van toepassing is, vir die verskillende grade in berekening te bring. 'n Voorbeeld: As 'n prys van R500 per ton verwag word, sal die volgende minimum pryse behaal word:

  • Akwa — R120.
  • Anel — R240.
  • Jasper — R280.

    Hierdie syfer gee 'n aanduiding van die prys wat met die verskillende kultivars behaal kan word.

    Boere stel egter belang in kultivars wat die beste inkomste lewer en vir diedoel word die verwagte bruto inkomste in tabel 2 getoon. Gehalte en opbrengs word hier saamgevoeg as die twee faktore wat inkomste bepaal. In die tabel is die waarde (prys per ton grondbone) met die produksie of opbrengs per hektaar vermenigvuldig en sal 'n boer byvoorbeeld 'n minimum van R1 630 met Akwa behaal as die potensiaal R3 000 per hektaar is. Akwa is hier die kultivar wat elke keer die beste is, terwyl Anel en Robbie by 'n laer potensiaal goed met Akwa vergelyk.

    Op besproeiingslande, waar ál die kultivars gewoonlik goeie grade lewer, was Akwa, Kwarts en Sellie die uitblinkers. Die opbrengsgewig word in tabel 3 (besproeiing) en tabel 4 (droëland) getoon.

    Al die kultivars is wyd vir droëland én besproeiing aangepas.

    Die aanbevelings is dus:

  • Droëland: Akwa, Kwarts, Sellie en Anel. Waar kontrakte vooraf aangegaan is, is ál vier 'n goeie keuse. Vir produksie op lang termyn in 'n wisselboustelsel sal Kwarts 'n beter keuse wees weens sy beter weerstand teen peulaalwurm.
  • Besproeiing: Hier is ál die kultivars geskik, maar plae maak Akwa en Kwarts 'n beter keuse. As swartpeulvrot egter voorkom, is Harts of Kwarts 'n beste keuse. Goeie aalwurmbeheer het 'n noodsaaklikheid vir die meeste grondboonprodusente geword.

    'n Laaste stukkie raad: Gebruik altyd goeie en gesertifiseerde saad.

    (Die nasionale kultivarproewe vir grondbone is tydelik deur die LNR se Instituut vir Graangewasse beëindig en die laaste proewe is die afgelope seisoen geplant weens 'n gebrek aan ondersteuning van die grondboonbedryf en 'n personeeltekort.)

  • Dr. Swanevelder en mnre. De Beer en Van Heerden is verbonde aan die LNR se Instituut vir Graangewasse op Potchefstroom.

    5 Desember 2003

  • 0
     
     
    • 1858 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Grond: Onteiening dalk oorweeg
    • Top-amptenare uit Parlement gejaag

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Misdaad: Hoekom kla Suid Afrikaners eerder om die braai daaroor?
    • Vrae oor grond-'agente'
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction