Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Akkerbou / Ander / Skat-oesreste-na-waarde

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Skat oesreste na waarde

 
KOBUS VAN TONDER

Oesreste word in die meeste saaigebiede as 'n steunpilaar beskou en ook doeltreffend as aanvullende voerbron deur vee benut. Nuwe navorsing oor die voedingswaarde van oesreste stel boere nou in staat om die drakrag van hul lande noukeuriger te meet.

Veeboerdery in die kleingraanstreke van die Swartland en Suid-Kaap is bykans ondenkbaar sonder droëland-lusern en medics-klawerweiding. Dieweiding is in die winter en somer meestal die hoofbron van voer. Nogtans word oesreste daar as 'n ware steunpilaar beskou en vanaf Desember tot April doeltreffend as aanvullende voerbron deur veral wolskape benut.

Navorsing soos diewat in 1996 deur dr. Tertius Brand op die proefplaas Langgewens, naby Moorreesburg, gedoen is, laat geen twyfel oor die waarde van oesreste as veevoer nie. Hierdie resultate is nou aangevul met navorsing oor die benutting van oesreste, wat deur drr. Johann van Heerden, verbonde aan die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Veld en Weiding, en Vlok Ferreira, van die departement veekundige wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch gedoen is.

Daarmee het hulle probeer bepaal watter praktiese voedingsimplikasies die beweiding van oesreste en opslag op kommersiële plase het.

Met die oog hierop is enkele plase in die Swartland en die Suid-Kaap betrek. Sommige word al as voorbeeldplase deur die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) gebruik. Die betrokke plase is redelik verteenwoordigend van albei streke en onderskeidelik naby Mooreesburg/Malmesbury, Porterville, op die Heidelberg-vlakte en twee naby Caledon geleë. Die NWKV en SA Maltsters van Caledon is ook by die navorsing betrek wat gedurende die 2000/01 begin is en nog etlike jare gaan voortduur.

Hoofsaaklik word die opbrengs, voedingswaarde en benutting van oesreste ondersoek. Die produksie van seisoenale opslag word ook bestudeer en word daar gekyk hoe dit by 'n voedingsplan saam met oesreste ingepas kan word. Opslag is immers 'n integrerende deel van oesrestebenutting, hoewel die bydrae daarvan uiters wisselvallig kan wees na gelang van die hoeveelheid somerreën wat val — 'n aspek wat die Suid-Kaap bo die Swartland bevoordeel.

Volgens dr. Van Heerden is na afloop van die oestyd jaarliks drie tot vyf uitsluithokke vir metingsdoeleindes in elk van die uitgesoekte kampe geplaas. Koring sowel as garsstoppellande is gebruik. Monsters is twee keer per jaar (Desember en April) geneem.

In Desember is twee monsters buite en in April twee monsters binne en buite elke hok geneem. Alle materiaal is tot op grondoppervlak verwyder en in stoppel, aar en opslagkomponente gefraksioneer, gewas, gedroog en geweeg. Die inname van die stoppel en are is bereken as die verskil tussen die Desember- en April-syfers, terwyl die verskil tussen die hoeveelheid opslag buite en binne die hokke in April beskou word as dit wat gevreet is.

Die betrokke kampe is oorwegend deur wolskape volgens gewone bestuurspraktyke bewei. Die voedingswaarde van die onderskeie fraksies is in terme van neutraal bestande vesel (NBV), suurbestande vesel (SBV) en totale verteerbare voedingstofinhoud (TVV) bepaal.

Tabel 1 toon die beskikbare are en stoppel in die begin van die moniteringstydperk asook die hoeveelheid en die deel (persentasie) wat daarvan benut is.

Die hoeveelheid beskikbare are en stoppels was in die Swartland meer as diein die Suid-Kaap. In laasgenoemde streek was daar, soos te verwagte, meer opslag geproduseer. Die benutting van are en stoppels was in albei gebiede bykans dieselfde.

In al twee gebiede is aansienlik minder are as stoppels gevreet, maar die proporsie van die are wat gevreet is, was heelwat hoër. Die aansienlik meer opslag in die Suid-Kaap is ook proporsioneel beter as in die Swartland benut.

Die voedingswaarde van sowel oesreste as opslag word in tabel 2 verstrek. Daar was min verskil in voedingswaarde tussen koring- en garsstoppels en tussen opslag gras/graan en breëblaaropslag. Die persentasie SBV-inhoud van koringare was egter hoër as dievan gars. Die aar en opslagfraksies was ook baie meer voedsaam met 'n laer persentasie SBV en hoër persentasie TVV vergeleke met stoppels.

Dr. Van Heerden sê die laer veselinhoud van die are en opslag lei daartoe dat, volgens skatting, sowat twee keer soveel are en opslag as stoppels per eenheid liggaamsgewig gevreet sal word in gevalle waar al drie ewe beskikbaar is.

Die hoër persentasie TVV en laer persentasie SBV van die are en opslag, vergeleke met stoppels as sulks, maak dit vir diere moontlik om met groter gemak voldoende TVV in te neem as wat die geval met stoppels alleen is.

In tabel 3 word die geraamde inname van 'n ooi van 60 kg, 'n lam van 20 kg en 'n ooi/lam-eenheid met dieselfde totale gewig gegee. Ook die oorskot ten opsigte van TVV (tekorte of oorskotte) volgens die voedingswaarde en inname van onderskeidelik stoppels, are en opslag word getoon.

Uit dietabel is dit duidelik dat droë ooie, sowel as lakterende ooie en lammers (0,13 kg TVV per dag) nie genoeg stoppels alleen kan vreet om in hul behoeftes te voldoen nie. Droë en lakterende ooie, daarteenoor, sou egter voldoende TVV kan inneem om in hul behoeftes te voldoen indien hulle net are en opslag vreet. Lammers kan egter, weens hul laer liggaamsgewig, inname-kapasiteit en hoër TVV-behoefte, nie genoeg TVV inneem deur stoppels, are of opslag te vreet nie.

Hierdie resultate stel boere in staat om die weikapasiteit van koring- en garsoesreste te beraam. In tabel 4 word sulke weikapasiteite in terme van ooi-eenhede (een ooi plus een lam) per hektaar en in tabel 5 as skaapweidae (droë ooie) per hektaar uitgedruk.

Volgens tabel 4 kan ongeveer 0,85 ooi-eenhede per hektaar op die are en opslag en 1,72 per hektaar op stoppels aangehou word. Laasgenoemde hoër drakrag is moontlik weens die groter hoeveelhede stoppels as are en opslag wat op lande beskikbaar is. Die voedingswaarde daarvan is egter aansienlik laer. Volgens tabel 5 kan tot 160 droë-ooi-weidae op are en opslag oor die tydperk Desember tot April sonder enige byvoeding behaal word.

As stoppels se weikapasiteit bygereken word, kan 'n verdere 300 droë-ooi-weidae per hektaar oor dieselfde tydperk met byvoeding verkry word.

Die uitslae van die navorsing bevestig wat lankal vermoed word, naamlik dat stoppels die grootste bydrae lewer tot die totale oesrestemateriaal wat benut word. Daarteenoor word stoppels persentasiegewyse die swakste benut en het dit die laagste voedingswaarde van die oesresfraksies.

Hoewel die produksie en drakrag van die are en opslag aansienlik laer as dievan stoppels is, is die grootste waarde van die oesreste gesetel in hierdie twee fraksies. Skape wei uiters selektief en sal teen lae veeladings aanvanklik net are en opslag vreet.

Net minder as een ooi-eenheid per hektaar kan dus vir vyf maande aangehou word sonder dat byvoeding gegee word, tensy die diere natuurlik net are en opslag vreet. Sodra meer diere aangehou en hul dus gedwing word om ook stoppels te vreet, sou soveel as 2,5 ooi-eenhede per hektaar (450 droëskaap-weidae per hektaar) aangehou kan word indien die geraamde tekorte aan TVV aangevul word.

12 Desember 2003

0
 
 
  • 1246 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Grond: Onteiening dalk oorweeg
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Vrystaatse Jongboer uit hart van saaiw
  • Vrugtehandel met China
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction