Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Akkerbou / Ander / Sojaboonkeuse-maklik-gemaak

Nuus

Grond: Onteiening dalk oorweeg

Onteiening sonder vergoeding kan nie algeheel verwerp word nie, want sekere omstandighede noop ’n regering om hierdie pad te volg.

  • JSE beplan voordeel vir boere
  • Landbou.com vertoef by Nampo
  • Top-amptenare uit Parlement gejaag
  • Moenie boere kritiseer – Agri SA
  • Nampo-Oesdag begin op hoë noot
  • Veeartse: Blade bekyk toelating
  • Helfte van SA mense ly honger - DA
meer...

Lekkerlees

  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?
  • Verlore transport-akte
  • Beleggingsopsies op 14 ha-plasie?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Mis
  • Hoog:19 C
  • Laag:11 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:16 C
  • Laag:9 C
  • Saterdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:15 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:32
Sonsondergang: 17:51

Kaapstad

Bygewerk:17 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:87%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Sal die Minister van Landbou haar opwagting maak by die land se grootse landbou-gebeurtenis, die Nampo-Oesdae?:

Sojaboonkeuse maklik gemaak

 
CHARL VAN ROOYEN

Gewoonlik is die groeiseisoen (van planttyd tot oesrypheid) vir 'n goed aangepaste sojaboonkultivar sowat 120 dae. In die keuse van 'n kultivar is dit dus belangrik om kultivarproefresultate vir vergelykbare toestande te bestudeer en dan kultivars met die ideale groeiseisoen uit te soek.

Anders as die meeste gewasse wat algemeen verbou word, is sojabone gevoelig vir daglengte en sal 'n bepaalde kultivar al hoe later ryp word hoe verder suid dit in Suider-Afrika geplant word. Dit is hoekom groeiseisoenlengte die belangrikste inligting is waarna 'n boer moet kyk wanneer hy die beste kultivars soek. Die nasionale sojaboonkultivarproewe van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Graangewasse (IGG) verskaf in dieopsig waardevolle inligting.

Volgens die jaarlikse verslag van die IGG, wat onder leiding van mnre. Gawie de Beer en Apie Pretorius en me. Driekie Fourie opgestel is, beïnvloed plantdatum die lengte van die groeiseisoen — en 'n kultivar sal heelwat gouer blom by 'n later plantdatum. Heersende temperatuur (veral nagtemperatuur) het ook 'n invloed en sojabone groei heelwat stadiger op die Hoëveld as in die warmer Laeveld.

Tabel 1 toon die lengte van groeiseisoen tussen kultivars en ook vir 'n spesifieke kultivar in verskillende verbouingsgebiede. Dit is belangrik om te onthou dat vroeë en later plantdatums binne dieselfde gebied ook die groeiseisoenlengte van 'n kultivar raak.

Die prosedure vir kultivarkeuse op grond van groeiseisoenlengte is as volg: Die gebiede waar die sojaboonkultivarproewe uitgevoer is, is volgens warm, matige en koel gebiede gegroepeer. Die boer moet dus bepaal of sy plaas in 'n warm, matige of koel gebied is.

As algemene reël kan hy aanvaar kultivars met 'n langer groeiseisoen sal die beste vaar in 'n gebied met 'n warm klimaat, mediumgroeiseisoenkultivars sal die beste vaar in 'n gebied met 'n gematigde klimaat en korter-groeiseisoen-kultivars sal die beste vaar in 'n gebied met 'n koeler klimaat. Daar is egter uitsonderings op die reël en daarom moet die opbrengs en aanpassingsvermoë van kultivars (sien die ander tabelle) saam met groeiseisoenlengte gebruik word om 'n kultivar te kies.

Onder die warm gebiede is Beestekraal, Groblersdal, Koedoeskop, Naboomspruit, Rietrivier, Rustenburg, Upington, Vaalharts, Vryheid en Warmbad. Onder die matige gebiede is Bloemfontein, Cedara, Cradock, Dundee, Greytown, Lichtenburg, Newcastle, Petit, Potchefstroom, Pretoria en Vil-joenskroon. Die koue gebiede sluit in Aliwal-Noord, Delmas, Kinross, Lady Grey, Reitz, Warden en Wonderfontein.

Die plantdatum beïnvloed sojabone se aanpassing en gevolglik die boer se kultivarkeuse. Die optimale plantdatum is gewoonlik in November. In warmer gebiede kan boere egter nog tot die eerste week van Januarie plant, maar dan word 'n nouer rywydte, digter plantestand en vinniger kultivar aanbeveel. Waar grond- en lugtemperatuur vroeg in die seisoen die geskikte vlak bereik, behoort boere in Oktober te plant, veral in die hoërliggende gebiede.

Peul- en planthoogte beïnvloed die stroopbaarheid en die staanvermoë van 'n sojaboonaanplanting en is faktore wat in ag geneem moet word by kultivarkeuse. In die algemeen is daar 'n verband tussen peul- en planthoogte en die relatiewe lengte van die groeiseisoen. Kortseisoenkultivars het gewoonlik 'n laer peul- en planthoogte as langseisoenkultivars in dieselfde toestande. Albei eienskappe word egter ook deur produksiepraktyke beïnvloed. Nouer tussenry- en binneryspasiëring sal die peulhoogte betekenisvol verhoog.

Staanvermoë kan deur 'n aantal bewolkte dae beïnvloed word. Dit kan veroorsaak dat kultivars wat gewoonlik goed staan, hoër groei en dus die risiko van omval verhoog.

Kultivars met 'n bepaalde groeiwyse word verkieslik onder besproeiing geplant, terwyl kultivars met 'n onbepaalde groeiwyse (wat nie lengtegroei tydens blom staak nie) vir droëland- en koelweergebiede verkies word. Genetiese weerstand teen siektes en insekte kan goed gebruik word waar siektes en insekte die oes kan knou.

Rywydte kan ook kultivarkeuse beïnvloed, aangesien daar 'n betekenisvolle wisselwerking is. Kultivars wat tot sytakvorming en 'n digte blaredak geneig is, is beter in wye rye aangepas, terwyl kultivars met 'n oop blaredak en min sytakke beter by nouer rywydtes aangepas is.

Weerstand teen oopspring kan 'n belangrike rol in ongunstige oestoestande speel. Kultivars met 'n relatiewe kort groeiseisoen het die grootste risiko vir oopspring en kultivars met 'n relatiewe lang groeiseisoen die kleinste risiko.

Gevoeligheid vir onkruiddoder kan in sommige gevalle die kultivarkeuse beïnvloed. Geen sojaboonkultivar is teen die atrasientipe onkruiddoders bestand nie en die volle aanbevole tydperk moet verloop tot planttyd.

Saadgrootte, hilumkleur, proteïeninhoud en GMO-status is eienskappe wat 'n premieprys kan beding. Saadgrootte is geneties, maar word sterk deur omgewing beïnvloed.

Gunstige toestande tydens die saadvulperiode sal saadgrootte belowend beïnvloed. Die proteïeninhoud van die saad is ook geneties, maar kan nadelig deur omgewing (reënval, temperatuur en stres) en bestuur (swak of geen nodulering, suur grond en lae grondvrugbaarheid) geraak word. 'n Proteïeninhoud onder 36 % is onbevredigend en bokant 40 % is uitstekend.

Saadopbrengs gee 'n aanduiding van 'n kultivar se genetiese aanpassing en geskiktheid vir 'n bepaalde omgewing. Vir die seisoen 2002/03 is 30 kultivars geplant. Die oessekerheidswaardes van kultivars wat reeds die afgelope drie seisoene in die nasionale kultivarproewe geëvalueer is, verskyn in tabel 2 (koeler verbouingsgebiede), tabel 3 (matige gebiede) en tabel 4 (warmer gebiede).

  • Navrae: Instituut vir Graangewasse, Private sak X1251, Potchefstroom 2520; tel. 018 299 6100; faks 018 294 7146.

    14 November 2003

  • 0
     
     
    • 1665 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Grond: Onteiening dalk oorweeg
    • Top-amptenare uit Parlement gejaag

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Zuma meer toeganklik - M
    • Wolpryse kry wind van voor
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction