|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 87% |
| Wind: |
Ek het die oesskattings die afgelope paar maande met belangstelling gevolg en het opgemerk dat al meer mielies op al minder grond geproduseer word. Dit klink nogal vreemd en daarom het ek bietjie dieper gaan delf op soek na meer inligting.
Oor die afgelope 25 tot 30 jaar het die gemiddelde opbrengs gewissel rondom 2.5 ton per hektaar. In vier van die laaste vyf jaar het die opbrengs egter toegeneem tot meer as vier ton per hektaar - in die laaste twee jaar meer as 4,5 ton per hektaar.
Verskillende redes kan vir die toename aangevoer word soos byvoorbeeld verbeterde boerdery tegnieke, nuwe kultuvars, uitskakeling van marginale grond ensovoorts. Wat egter vrae laat ontstaan is die omvang van die toename - bykans 'n verdubbeling! Die statistiek het interessante inligting opgelewer!
Lees die volledige artikel hier. Dit is in PDF-formaat.
Statistiek verskaf deur die Nasionale Oesskattingskomitee.
26 Mei 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24