Deur LUCILLE BOTHA
2 Julie 2012

2381 keer gelees | 1 kommentaar

Brande en bosindringing is ’n groot probleem. Dié bossiekapper word gebruik om brandbane in indringerbos te maak.


Mnr. Francois en me. Melissa Krige het ’n paar jaar gelede deel geword van die storie van Platbos, die mees suidelike inheemse bos in Afrika, toe hulle sowat 28 ha van die bos gekoop het. Platbos groei op ’n oeroue sandduin wat ’n paar kilometer die binneland in lê by Stanford, tussen Gansbaai en Hermanus.

Die Kriges het besef die digte muur van indringerboomsoorte, soos mirt, rooikrans en Port Jackson, wat al met die bosrand saamloop, hou ’n groot brandgevaar vir die bos in.

By die bosrand kom mnr. Mike Hendricks van MC Land Management Services met sy John Deere-trekker en geel bossiekapper aangery. Hy skat dit sal sowat 80 uur se werk verg om ’n strook van 30 m breed en 1,6 km lank skoon te maak – manalleen met net sy trekker en bossiekapper.

'n Baie groot werk
Francois het op dié 30 m breë strook besluit. ’n Derde daarvan sal kaal gelos word, die middelste derde word ’n toegangspad en in die derde naaste aan die bos wil hulle die natuurlike bosrand (gewoonlik kleiner plantsoorte wat geleidelik groter raak) rehabiliteer.

Dit is amper onmoontlik om te glo Hendricks en sy trekker het al die werk alleen gedoen – veral as jy in gedagte hou hoe dig die muur van indringerplante is. Maar wanneer hy agter die stuur inklim en sy trekker “laat dans”, soos hy dit noem, is dit werklikwaar klaarpraat met die indringers.

“Net sowat 10% van die bossiekapper is nog die oorspronklike masjien. Ek het dit oorgebou, herontwerp, dinge byvoeg en afmetings verander oor die jare,” vertel Hendricks oor sy masjien wat hy 15 jaar gelede gekoop het.

Kyk hier na 'n video van dié aangepaste bossiekapper.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


LDV

2012/07/04 07:31:00 AM

Hoekom kan ek nie die video kyk nie?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights