Die beperking op die hoeveelheid moutgars uit droëland- en besproeiingsgebiede, bly vanjaar dieselfde.
Volgens mnr. Leon Groenewald, voorsitter van die nasionale garsbedryfskomitee, is die beperking vir droëland- en besproeiingsgars, soos in die verlede, onderskeidelik 140 000 ton en 60 000 ton, met ‘n 10%-variasietoelating op die kontrak.
“Dit beteken dat garsprodusente in die Overberg en suidelike dele van die Wes-Kaap hoogstens 140 000 ton plus 10%-oordragvoorraad produseer, en in die besproeiingsgebiede 60 000 ton plus 10%-variasie.” Groenewald waarsku indien daar te veel gars is, sal dit intensief bestuur moet word aangesien die moutgarsprys net vir die verlangde tonnemaat betaal sal word.
Hy glo dat dit van kardinale belang is dat die hantering en bemarking van gars in die hande van plaaslike landboubesighede, naamlik SSK en Overberg Agri, bly omdat hul ervaring die enigste bestuursvlak is om hierdie kommoditeit aan SAB te lewer.
11 Februarie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)