|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Plaaslike katoenboere skep nuwe moed omdat die huidige seisoen se internasionale katoenprys sowat 23% hoër is as dié van die vorige seisoen. Die verwagting is dat dit vir die volgende seisoen met nóg sowat 9% sal styg.
Die derde skatting vir die produksiejaar 2009/’10 in Suid-Afrika dui op ’n totale oes van 39 716 bale – 12% minder as die vorige seisoen en die kleinste oes sedert die 1960’s. Mnr. Hennie Bruwer, uitvoerende hoof van Katoen SA, sê hy is egter vol moed dat die aanplantings in die nuwe seisoen aansienlik meer sal wees.
Gegrond op die verwagte afname in die wêreld se voorraadtotverbruikverhouding, voorspel die Internasionale Katoenadvieskomitee (ICAC) ’n gemiddelde Cotlook A-indeks (’n aanwyser van wêreldpryse) vir die 2009/’10-seisoen van 75 VSAc/lb.
Lees ook:
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 23 April 2010.
20 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)