|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ondanks beter prysverwagtinge dui Katoen SA se eerste voorlopige raming vir die produksiejaar 2009/’10 op ’n katoenoes wat min of meer dieselfde as die afgelope jaar sal wees. Volgens die finale skatting vir 2008/’09 is daar 44 922 bale vesel plaaslik geproduseer.
Dit is 10% minder as die vorige seisoen. Sowat 42 024 bale kom van Suid-Afrika se katoenpluksel. Die res is van katoen wat in Swaziland geproduseer en gepluis is en katoenpluksel wat deur ’n plaaslike pluismeule van Botswana gekoop is.
Die internasionale prysverwagting het intussen aansienlik verbeter. Terselfdertyd is die verwagting dat katoenverbruik deur spinners effens sal herstel en met 2% sal toeneem tot 23,8 miljoen ton. Die groei sal kom uit verbruikerslande in Asië (wat vir sowat 70% van verbruik verantwoordelik is).
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 18 Desember 2009.
14 Desember 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
word katoen in botswana verbou en is dit onder besproeing of droeland en wat is die gemiddelde hektare wat beplant word
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)