Katoenprys en -produksie styg

 
Katoen. Foto: NICO VAN BURICK
Katoen. Foto: NICO VAN BURICK

Die wêreld se gemiddelde katoenprys vir 2009/’10 is ’n geraamde 78 VSAc/lb. Die Internasionale Katoen-advieskomitee (ICAC) het verlede jaar hierdie tyd nog ’n prys van net 56 c/lb voorspel.

Internasionaal lyk die vooruitsigte vir katoenboere vorentoe ook goed. Daar word verwag dat die prys met ’n verdere 9% tot 85 c/lb in 2010/’11 sal styg. Aanplantings vir die volgende seisoen het reeds in die Noordelike Halfrond (wat vir 90% van die wêreld se produksie verantwoordelik is) begin.

Die ICAC verwag dat die wêreld se produksie in die nuwe seisoen vir die eerste keer in vier jaar ’n toename sal toon. Dit sal na verwagting met 13% toeneem tot 24,9 miljoen ton. Mnr. Hennie Bruwer, uitvoerende hoof van Katoen SA, sê plaaslik lyk die vooruitsigte ook goed om ’n toename in produksie te sien.

“Die wêreldprys het nou meer as 30% in twee jaar toegeneem en was in Oktober 2005 laas op hierdie vlak. In die lig van die beter prys en lae graanpryse kan dit meer boere aanmoedig om weer katoen te plant.”

24 Junie 2010

0
 
 

Kommentaar

Andre Mare 

watter streke kan n mens oral katoen plant?

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.