|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die Swartland se koringboere maak tans sowat 4 sent wins op die koring wat vir ’n brood bestem is. Dit is ’n afname in netto wins van 92,6% teenoor verlede jaar se 54 sent.
Tans bly daar net soveel wins vir koring vir ’n brood van 700 gram oor ná boere hul produksiekoste, bank en versekeraar betaal het en as die vervoerdifferensiaal en graadaftrekkings bygereken word.
Verlede jaar se produksiekoste vir ’n brood se koring was 95 sent. Vanjaar is dit R1,04 – ’n toename van 9,5%. Altesame 82 sent van dié R1,04 is aan veranderlike uitgawes bestee. Die res was vir vaste koste.
Verlede jaar se bruto inkomste vir die koring was R1,49, teenoor R1,08 vanjaar. Dit is ’n afname van 27,5%. Die gemiddelde prys van ’n wit brood verlede jaar het met 9,6 % (van R7,20 tot R7,89) tot Oktober vanjaar gestyg.
Die gemiddelde prys van ’n bruin brood (700 gr) het in dieselfde tyd met 10,3% (van R6,47 tot R7,14) toegeneem, terwyl die gemiddelde prys van ’n pak broodmeel van 5 kg met 11,4% gedaal het.
11 Desember 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek stem 100% saam met Butch se kommentaar. Dit is weer tyd dat boere weer KO-OPS moet stig. As dinge so aangaan is ons later kosloos.
Dit is nie regverdig dat produsente hulle in hierdie situasie bevind en tussengangers rol in die geld nie. Hiedie situasie waar die produsent tot 'n bedelaar gereduseer (lees Dr. Theunissen) word, sal spoedig deur landbou Suid Afrika aangespreek moet word om landbou in SA van ondergang te red. Landbou SA is die "underdog" en die groot honde pie hom nat. Brood is in die Wes Kaap en elders 'n stapelvoedsel. Wanneer gaan Landbou in Suid Afrika wakker word en aandring op hulle regmatige verdienste in die voedselketting? Die stlesel soos dit nou daar uitsien, werk nie. Brood is noodsaaklik om die mense van die Wes Kaap te voed, maar die boer wat dit plant, duik in die hek. Ek stem saam met 'n terloopse opmerking van Pres Zuma - dit het weer tyd geword vir Ko-Ops! Sedert ontbondelings en oorskakeling na korporasies, het boere nog net hulle dinges gesien. Dit werk nie met die Landbou in 'n totaal vrye mark sisteem nie. Gaan voort met hierdie stelsel en sien hoe hongersnood en ellende toeneem. Onthou dat aardverwarming nou maar eers begin het. In November het temperarure in die Wes Kaap alreeds net onder 40 grade gaan draai en 2009 was glo die warmste jaar in eeue! Weerloos soos die Landbou tans is, sal hy nie sonder regstelling oorleef nie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)