|
|
|
| Bygewerk: | 17 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die produksieskatting vir koring vir die 2009-seisoen is afwaarts aangepas tot 1 979 miljoen ton vanaf die 1 999 miljoen ton van die vorige skatting, sê die Nasionale Oesskattingskomitee. Dit is 0,99%, of 19 750 ton, laer as die vorige skatting.
Die afwaartse skatting word grootliks aan nat toestande gedurende strooptyd, veral in die Swartland, toegeskryf. Produksie in die Wes-Kaap is veral laer beraam met 31 500 ton, of 4,17%, terwyl die Vrystaat ’n beraamde 11 750 ton, of 1,92%, koring verwag.
Die Vrystaatse skatting is aangepas na aanleiding van opbrengsresultate van die Landbounavorsingsraad. Die oppervlakte wat na verwagting met koring beplant sal word, is onveranderd gelaat op 657 500 ha, met 48% hiervan, of 315 000 ha, in die Wes-Kaap. In die Vrystaat sal 235 000 ha beplant word, terwyl die Noord-Kaap na verwagting 44 000 ha koring sal plant.
Moutgars en kanola
Die produksieskatting vir moutgars is op 223 870 ton 3 250 ton, of 1,4 %, hoër as die vorige skatting. Die oppervlakteskatting is onveranderd op 74 760 ha met ’n verwagte opbrengs van 2,99 ton/ha.
Die kanola-oes sal na verwagting onveranderd op 45 660 ton bly, met ’n oppervlakte van 38 060 ha wat beplant sal word. Die verwagte opbrengs is 1,20 ton/ha. Die sesde produskieskatting vir wintergewasse vir vanjaar se produksietyd, asook die skatting vir die grootte van die oppervlakte wat met somergraan beplant sal word, sal op 21 Januarie bekend gemaak word.
18 Desember 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)